Local newsNews

Impie-dromspeler vir musikale produksie gekies

Layla het ook haar provinsiale kleure vir uitvoerende kunste verwerf.

Layla Venter (12), ’n dromspeler van Laerskool Impala, is een van slegs 100 leerders wat deur die South African Film, Acting and Theatre Academy (SAFATA) gekies is om deel te wees van die musikale produksie, Dreams.

Die groep sal voor London Academy of Music and Dramatic Arts en Trinity College of London optree. Dreams word op 17 Mei in die Roodepoort-teater opgevoer.

Verder gaan sy Suid-Afrika ook van 22 Junie tot 1 Julie by Talent America in New York verteenwoordig.

Tydens haar deelname aan Talent Africa het sy verskeie skitterende prestasies behaal. Talent Africa is ’n nasionale talentkompetisie vir dansers, instrumentale deelnemers, akteurs en sangers.

Hier het sy ’n algehele tweede plek in die Oos-Rand behaal en het die beste instrumentale- en optrede-afdelings gewen. By die nasionale kampioenskappe het Layla vier goue medaljes gewen en is sy gekies om na New York te gaan. Sy het die goue medaljes gewen vir die verskillende genres met dromme, naamlik kontemporêr 1, kontemporêr 2, ope 1 en ope 2.

By die spesiale toekenningsgeleentheid het Layla die volgende toekennings ontvang: algeheel tweede uit 3 000 deelnemers in die ouderdomsgroep 12-14 jaar, belowendste junior en top 10-toekenning.

Layla het ook haar provinsiale kleure vir uitvoerende kunste verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button