NewsSchools

KYK: Oud-Jeugie ‘celebs’ by extravaganza vereer

Dié groep beroemdes word geken as Leandie du Randt, Jacques Bessenger, Suzzi Swanepoel, Germandt Geldenhuys, Marco en Marcel Spaumer, Schalk Bezuidenhout, Eden Claasen en Rian Swanepoel.

Talle oud-Jeugie celebs was op 19 Julie by Hoërskool Jeugland se extravaganza-aand waar hulle met ambassadeur-titels vereer is vir hul aktiewe loopbane in die vermaaklikheidsbedryf.

Dié groep beroemdes is Leandie du Randt, Jacques Bessenger, Suzzi Swanepoel, Elsa Esterhuizen, Germandt Geldenhuys, Marco en Marcel Spaumer, Schalk Bezuidenhout, Eden Claasen en Rian Swanepoel.

Tydens die huidige Jeuglanders se indrukwekkende extravaganza is video-insetsels van elke oud-Jeugie op groot skerms gewys. In dié insetsels het elkeen hoe die kulturele geleenthede wat die skool hulle gebied het, hul loopbane positief beïnvloed het.

In sy insetsel het Bezuidenhout, die grapjas en hoofaanbieder van Die Ware Naarheid op kykNET, in alle eerlikheid vertel: “Nee, die extravaganza het nie my loopbaan só sterk beïnvloed nie, aangesien ek net een jaar in die agtergrond was omdat ek nie sterk genoeg was om meisies op te tel nie. Ek dink inderdaad was daar manne wat my moes optel.”

Marcel het aan Express vertel hoe sy loopbaan tot dusver strek en hoe hy as storie-ontwikkelaar en tekskoördineerder vir die kykNET- en kykNET & Kie-sepie Suidooster in Kaapstad werk.

“Suidooster is definitief die hoogtepunt in my loopbaan tot dusver, aangesien ek van die begin af aan die program gewerk het. Ek het selfs in die begin in ’n basement gesit en die karakters opgedroom,” vertel Marcel.

Sy tweelingbroer Marco is self ’n akteur op die stel van Suidooster en is beter bekend as Chris du Plooy. Hy doen ook werk as ’n televisie-aanbieder vir programme soos Sêr en Kollig.

Bessenger het onlangs in ’n Amerikaanse televisiereeks genaamd Warrior verskyn, waarvan die konsep op Bruce Lee gebaseer is. Die regisseurs was Jonathan Tropper en Justin Lin. Die aksiereeks is te siene op Cinemax. Hy het ook verskyn in die 2018 film, Kanarie, saam met Bezuidenhout.

Suzzi en Rian sal beter onthou word as deelnemers aan afsonderlike Idols-reekse, waar Rian ’n top-10 finalis in die 2002 kompetisie was. Suzzi het haar faam bereik as ’n top-12 finalis in die vyfde seisoen.

Geldenhuys word geken in die rol van Louis Koster, die kroegbestuurder in Binnelanders op kykNET, waarvoor hy in 2017 met die gesogte Huisgenoot Tempo-toekenning vir sepie-akteur van die jaar bekroon is.

Esterhuizen gaan groot in haar looppaan. Sy is ‘n aanbieder op die televisieprogramme GROOT-Ontbyt en GROOT-Plaas, asook radio-aanbieder is op GROOT FM.

Toe die aand einde se kant toe gestaan het en al die bekendes saam op die Jeugie-verhoog ere aan Johnny Clegg gebring het, het Claasen vertel hoe hy ’n plaaslike ster in Kempton Express raakgelees het toe hy nog op skool was.

Hy het vertel hoe dit hom geïnspireer het om ook dié loopbaan na te streef, en vandag verskyn hy ook in dié koerant, danksy sy loopbaan as akteur. Hy het ook in Suidooster verskyn, en was op die nuutste seisoen van Dancing with the Stars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button