Laerskool Impala was die wenners in die junior afdeling vir laerskole. Voor: Iliane van der Merwe en Jayden Luyt van Laerskool Impala. Agter: S Strydom (Laerskool Edleen), Kara Venter (Laerskool Birchleigh) en Lianie Minnie (Laerskool Kruinsig).
Kempton Park Eisteddfod se revuekompetisie het onlangs by Hoërskool Jeugland plaasgevind.
Die wenners in die onderskeie afdelings het prysgeld van R1 000 ontvang.
Beide die junior en senior revue-afdelings vir laerskole is deur Laerskool Impala gewen, terwyl Hoërskool Jeugland die wenner was in die afdeling vir hoërskole.
Austen Scheepers en Jana Dreyer van Hoërskool Jeugland spog met hul prys as wenners van die afdeling vir hoërskole.
Die afdeling vir laerskole senior revue is deur Laerskool Impala gewen. Hier is Dianté du Plessis, Alyssa Paraskeva (albei Laerskool Van Riebeeck Park), Carli Hotzhausen, Simone Joubert (albei Laerskool Kruinsig), Amory Venter (Laerskool Impala), Lehanri Daley, Carla Laubscher (albei Laerskool Birchleigh) en Kaylin le Roux (Laerskool Edleen).
Also follow us on:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!