Dissipline, finansies en bemarking.
Met dié drie woorde beskryf die nuwe adjunkhoof van Hoërskool Kempton Park sy onmiddellike pligte by die skool.
Buckie King, ’n gebore Pretorianer en vurige Bloubul-ondersteuner, het homself op 1 Oktober by die Kempies aangesluit.
Hy was vir 10 jaar aan Hoërskool Eldoraigne verbonde en het ’n kort draai by Oos-Moot gemaak voordat hy by Hoërskool Kempton Park begin het.
King, wat in Centurion woon, het sy B.Ed-graad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf met tegnologie as hoofvak.
“Ek is regtig bevoorreg om die nuwe adjunkhoof van Hoërskool Kempton Park te wees en sien uit daarna om ’n positiewe verskil te maak, nie net by die skool nie, maar ook in die gemeenskap,” het die pa van twee dogtertjies gesê.
King sal ook betrokke wees by rugbyafrigting by die skool en sal heel moontlik ook tegnologie aanbied.
Hy spandeer sy vrye tyd saam met sy gesin, speel graag gholf en hou van visvang.
Also follow us on:





