Hoërskool Jeugland het weereens ’n suksesvolle revuejaar in 2019 beleef.
Vanjaar se tema was Survivors.
Die groep het aan Kempton Park Kunswedstryd deelgeneem en 100 persent vir hul produksie ontvang. Verder het hulle ook die Segarona-streekskompetisie gewen en is deur na die provinsiale ronde van 10 tot 14 Oktober.
Jeugland se revue is ook die derde keer in ’n ry as wenner van Lefra Produksies se hoërskoolafdeling aangewys.
Verder gaan die revue-groep ook aan ’n nuwe kompetisie, Dans in jou Taal (revue-afdeling), op 25 Oktober deelneem. Dit sal plaasvind by Kaleideo-kerk in Fiskaalstraat in Glen Marais. Die kompetisie gaan later op televisie uitgesaai word.
Julie Ruthven is die choreograaf en die musiekopnames word deur Rian Swanepoel, ’n oud-Jeugie, gedoen.
