NewsSchools

Hoërskool Jeugland spog met goeie kultuurjaar

Die toneel, revue en redenaars het hulself puik van hul taak gekwyt.

Met die skooljaar wat vinnig einde se kant toe staan, kan Hoërskool Jeugland terugkyk op ’n jaar wat weer eens talle prestasies op kultuurvlak opgelewer het.

Die Jeugies se redenaars, toneel en revue kan almal spog met uitstaande prestasies op nasionale vlak.

Die Engelse toneel is by die nasionale kompetisie, Op die Planke, as die beste Engelse toneel aangewys.

Austin Scheepers het met die beste akteur toekenning weggeloop. Heinrich Greef en Cinelle Swiegers het die toekenning vir beste regie ontvang, terwyl Dewaldt Harmse die prys vir beste klank ingepalm het.

Die revuegroep het beslis hul beste voet voorgesit en spog met ’n rits toekennings. By Kempton Park Eisteddfod het hulle 100 persent verwerf en was wenners van Segarona se streeksafdeling.

By Lefra se revuekompetisie is hulle as hoërskoolwenners aangewys en het ook onlangs die Dans in jou Taal revuekompetisie gewen. Dié produksie word in Januarie op TV uitgesaai.

Die spanredenaars het drie spanne gehad wat aan die landsfinaal van Oppie Tong Af deelgeneem het. Die Graad 12-span was wenners en die Graad 11-span naaswenners. Die Graad Agt-span was vierde.

Vier spanne het ook aan die nasionale interskole-redenaarsfinaal deelgeneem. Die Graad 10’s was naaswenners, terwyl die Graad 12’s en Graad Agts derde was. Die vierde span, ook Graad Agts, was vierde.

Die Graad Nege-span het die Gildekompetisie gewen en was ook naaswenners by Radikale Redenaars.

In die individuele redenaarskompeties het twee Jeugies na landsfinale deurgedring. Jayden Valentini het Oppie Tong Af se Graad Nege nasionale afdeling gewen. Caitlin Heath het die ATKV se landsfinaal in die afdeling vir addisionele taal deurgedring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button