Kempie Monica (17) sterf weens bronchitis komplikasies
Alhoewel Monica se diagnose voorkom om verband te hou met die pandemie, was sy vier maal vir Covid-19 getoets waarvan al die resultate negatief was.
“As sy glimlag is dit soos die son wat opkom. Daardie ogies het altyd so dapper geglinster, ook tydens haar laaste paar woorde. Ek glo dat sy graag as iemand onthou wou word wat volhard het. Maak nie saak hoe sleg dit gaan nie.”
Smart weens die verlies van Monica Jansen van Rensburg (17) word so eg in hierdie woorde omskep deur haar moeder, Tanya, wat met Express gesels het oor haar lewe en laaste oomblikke.
“Monica was gediagnoseer met tipe 1 diabetes vroeg in 2017 toe sy 13 jaar oud was. Oor die algemeen, behalwe vir die diabetes, was sy sterk en gesond.
“Sedert Oktober het sake ongelukkig begin verander toe sy met hoofpyne en erge sinus begin sukkel. Tydens hierdie tyd het sy baie min geslaap omdat sy gesukkel het om asem te haal deur haar mond.” Toe begin die hoes vroeg in Desember, het Tanya vertel.

“Ons het van dokter tot dokter, behandeling na behandeling, X-strale en sonars probeer en niemand kon regtig diagnoseer wat fout is nie. Na die laaste doktersbesoek op 17 Desember was die diagnose ten einde bronchitis.”
Monica het ’n kroniese hoes ontwikkel en het al swakker geword namate sy nie ’n eetlus gehad het nie en min geslaap het.
LEES OOK: Wall of Remembrance: English Kempie teacher (53) claimed by Covid-19
Toe haar familie op 1 Januarie in Johannesburg terugkeer was sy dadelik by Linmed ongevalle opgeneem. Daar was sy behandel vir lae bloedruk, lae suurstof en ’n abnormale vinnige pols. Toe die week om is, was Monica onstlaan, maar die hoes het volhou.
“Tydens die naweek was sy vreeslik bly om by die huis te wees, aangesien ons haar nie kon besoek weens die Covid-reëls nie.”
Op 12 Januarie het Monica begin bloed hoes en die opeenvolgende dag teen sewe uur die aand het dit vererger.
“Ons jaag weer met haar Linmed toe waar hulle haar dadelik opgeneem het, weer was die bloedruk laag en haar pols hardloop weg. Nadat sy gestabiliseer was, het die hoes vererger waarna sy ’n bloedoortapping moes ondergaan.”
Monica was opgeneem in die teater in die geveg vir haar lewe voordat haar hartklop op 15 Januarie stil geraak het.
“Die dokters het twee ure lank gesukkel om haar weer by te bring, maar haar ou liggaampie het toe opgegee. Sy was so sterk tot die einde toe, ek het boodskappies en glimlaggies van haar gekry tot net voor agtuur die oggend.”
Vanaf 13 November tot 15 Januarie was Monica vier keer getoets vir Covid-19, waarvan die resultate alles negatief was.
Dié Kempie was hartelik betrokke by ruitersport waarmee sy aan skouspronge deelgeneem het.
Sy was betrokke by die skole kompetisies, South African National Equestrian School Association (SANESA), waar sy Hoërskool Kempton Park verteenwoordig het. Boonop was Moncia deel van die South African Show Jumping (SASJ) by ‘graded’ skoue deelgeneem wat oral in Gauteng aangebied was.

“Haar laaste kompetisie waaraan sy deelgeneem het, het sy eerste plek behaal met 1.10m op haar perd genaamd Victory Roll. Haar ander perd, Abrah, was sy nog besig om op te lei en het 90cm met haar gespring. Met hierdie sport is dit baie lang ure in die saal, elke dag en ook naweke.”
Haar droom was om Ierland toe te gaan en daar te gaan werk en studeer by ’n ‘stable yard’. “Ons planne was juis om in 2020 Ierland toe te gaan om daar te toer sodat sy kan sien waaroor dit daar gaan, maar ongelukkig met die Covid-beperkings is die planne toe ook nou in die wiele gery.
“Haar gedenkdiens was by AintreeSA – die perdeplot waar haar twee perde was. Hier het sy elke spaar oomblik deurgebring.”
Monica word oorleef deur haar ma en ouer broer van sewe jaar, Jurie. “Monica het die lewe voluit geleef, die lewe reg in die oë gekyk. Sy was vol selfvertroue, ’n buitemens en het geleef vir haar perde. Sy was ook so bevoorreg om ’n wye kring vriende van alle ouderdomme te hê,” het Tanya ter ere van haar dogter mee afgesluit.
Also follow us on:




