Local newsNews

Anna Sophia ‘Ansie’ Roos word gegroet na Covid-sterfte

Ansie moes op 'n jong ouderdom haar werk as verpleegster staak weens gesondheidskwale.

Anna Sophia (Coetzer) Roos, gebore op 11 Oktober 1960, is op 26 Januarie oorlede. Sy was bekend as Ansie in Kempton Park en sy sal onthou word as oud-verpleegster en primaria by die ou Kempton Park Hospitaal.

Sy was bekend vir haar pragtige stem waarmee sy kompetisies gewen het en waarvan die fondse vir die gemeenskap ingesamel was toe sy nog baie jonk was.

ALSO READ: Adopt a pet at the SPCA

Ansie moes op ‘n jong ouderdom haar werk as verpleegster staak weens gesondheidskwale. Ansie was bekend as iemand wat mense lief gehad gekoester het. Sy laat ‘n groot ruimte in baie mense se harte nadat sy aan Covid-19 gesterf het.

Sy word oorleef deur seun, Willem Jacobus en man Pieter Jacobus Roos.

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button