Ou Liefde: Fritz (82) en Anna (81) vier 62 getroude jare
Hulle het een van die eerste paar huise in Aston Manor gekoop in 1972.
Fritz en Annatjie Olivier het in Pretoria op 3 Januarie 1959 getrou en vier vanjaar hul 62ste huweliksherdenking.
Hulle beskryf hul getroude lewe as gelukkige jare. Dié paartjie is sedert April 1962 inwoners van Kempton Park waar Fritz tot en met sy aftrede vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens gewerk het. Fritz (82) en Annatjie (81) is na al die jare steeds woonagtig in Kempton Park.
LEES OOK: Mamas awarded for their relentless hard work and passion
Hulle het een van die eerste paar huise in Aston Manor in 1972 gekoop. Tesame het die paartjie vier kinders, 11 kleinkinders en vyf agterkleinkinders.
“Ons is nog aktief en doen al die werkies in en om die huis self. Ons is baie dankbaar en loof en prys die Heer vir Sy genade wat ons elke dag ervaar.”
Also follow us on:





