Local newsNews

Ter nagedagtenis: Dr Pieter Harmse-praktyk bied vaarwel

Dr Pieter Harmse van Kempton Park is op 15 Januarie as gevolg van Covid-19 komplikasies oorlede.

Harmse, beter bekend as Dr Pieter, word as ’n ongelooflike man vol grappies, raad, omgee en baie liefde vir sy familie, werk en pasiënte beskryf.

“Ons verlang elke dag na hom. Ons het by Dr Pieter geleer dat ’n aanhouer wen. Hy het die vermoë gehad om almal om hom rustig te laat voel,” het die span van Ultimate Smile gesê.

LEES OOK: CoE encourages the use of condoms

“Dr Pieter het almal bo homself gestel en seker gemaak dat almal en hulle families na omgesien word.“

“’n Beter mentor kon ons nie voor gevra het nie. Jou familie en almal wat deel van jou lewe was, is ongelooflik dankbaar vir al die goeie tye saam met jou.”

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button