Local newsNews

VLU skop die jaar af in styl met die ‘nuwe normaal’

Die eerste vergadering is gehou en Valentynsdag was vrolik in rooi gevier.

VLU Kempton Park-tak is gereed vir 2021 en die ‘nuwe normaal’ met sy uitdagings. Die eerste vergadering is gehou en Valentynsdag was vrolik in rooi gevier.

Te midde die kuier was alle Covid-19 protokol gehandhaaf. Samedromming by teetafels was verbode, waartydens die voorsitter, Emmie van Zyl, individuele versnaperingpakkies en ’n sappie vir elke dame uitgedeel het.

LEES OOK: Model Miané (13) struts her skills in competition

Projekte vir 2021 is bespreek en drie nuwe lede verwelkom. Alle dames bo 16 is welkom om by die VLU in te skakel. Vergaderings is elke derde Donderdag om 9vm by Kempton Kruin NG Kerk, Fiskaalstraat, Glen Marais.

Kontak Emmie van Zyl by 082 873 1129 of Marina Bessinger by 011 976 9147.

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button