Local newsNews

KYK: Kempton-band se nuwe musiekvideo op ons voorstoep verfilm

'n Waaghalsige Kempton-band, Onskuldige Doodsvonnis, klim die range van top-10 trefferlyste in Suid-Afrika na slegs ’n paar maande van bombastiese vrystellings. Dié manne se nuutste enkelsnit, My Pa is Bef*k, is die vierde vrystelling wat in Februarie bekend gemaak is sedert hul bestaan. Tans is dié treffer nommer twee op Clip Hard Rock Chart, soos uitgesaai oor Kovsie FM.

“Ek en Damian het die liedjie saam geskryf met die fokus op ons daaglikse lewens,” het Johan Heine, die kitaarspeler, gesê.

“’My pa is bef*k en my ma is te vriendelik’ is ’n liriek wat resoneer met Damian, terwyl ‘ons is jonk, dom en dronk’ ’n ligte woordspeling is oor hoe ons as jongmans is.”

Vir die voorman, Damian Strydom, is die liedjie ’n weerspieëling van om in volwasse-wording te tree in gemeenskappe soos Kempton Park. “Tussen die ouderdom van 15 en 25 bly baie jongmense nog by hulle ouers se huise. Dis rowwe tye, die ervaring is baie real en teen die einde van die liedjie is daar ’n kragtige stuk wat op die ou end van die dag hoop simboliseer,” was Damian se siening.

LEES OOK: Be cautious during property market boom

Dié enkelsnit bevat veelsydige temas van realiteit getoonset tot die rustige melodie wat ontaard in ’n harde klimaks van waansin, frustrasie en gille. Dit volg na hulle debuut enkelsnit Wanorde! wat in 2020 die rondtes ge-rock het. Dié “onskuldige” lede het aan Express vertel hoe hulle reis in die bedryf tot dusver vaar. “Dit gaan amazing sover. Sedert Wanorde! vrygestel is was daar al hope mense wat vir ons vertel het hoe mal hulle is oor die sound en lirieke, so dit maak alles die moeite werd,” het Johan verkondig.

In samehorigheid het elkeen getuig dat dit harde werk en toewyding verg om oorspronlike musiek aan luisteraars bloot te stel. “Die lekker ding van die journey sover is dat elke song anders is. Die kreatiewe insette is veelsydig en dis soos ’n wiel wat nie ophou draai nie,” het baskitaarspeler, Aid’n Oosthuizen, gesê. Hulle tasbare teenwoordigheid is een man minder, aangesien hulle nou net a trio vorm. Met dié, het Aid’n gegrap dat: “A three-piece is a master piece.” Dit was die eerste liedjie wat deur die trio neergepen is ’n jaar gelede in 2020. Aid’n se voorspelling van hul gehoor se reaksie teenoor die vrystelling is dat diegene wat met hulle musiek bekend is geskok sal wees.

“Ons ander songs is baie hard en rof, so die rustige toonsetting van die liedjie glo ek sal by mense aanklank vind.” Die musiekvideo se milieu sal bekend wees vir Kemptonparkers soos wat dit afspeel in Max informele nedersetting, by die ou kloktoringkerk in Monumentweg en die rolbalklub se kroeg by Avion Park. Die video is verfilm en vervaardig deur Theus Badenhorst.

WAARSKUWING: Die inhoud van die musiekvideo bevat krutaal.

 

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button