Local newsNews

Allen Park onder nuwe bekwame bestuur

Allen Park se lewenseenhede word weer beskikbaar gestel vir diegene op die waglys, terwyl inwoners meer buitemuurse aktiwiteite kan geniet.

Sedert 1 Februarie is Allen Park in die bekwame hande van hoof uitvoerende bestuursbeampte Ronel Marias. Toe sy gesels oor haar nuwe ervaring agter dié lessenaar, het Marais meegevoer dat die binnemuurs-gemeenskap gaaf en aangenaam is.

“Daar is uitdagings wat nog voorlê, maar dit is verseker ’n gesonde organisasie,” was haar sentiment. Sy was sedert 2007 betrokke met welsynsorganisasie soos Cansa, Avril Elizabeth Home for the Handicapped en ’n demensie versorgingseenheid. Voor sy die rol beklee het by Allen Grove, was sy aan die bestuur van die Methodist Home Retirement Village in Springs.

Marais glo dat haar ervaring met demensie-leiers haar toegerus het om bejaardes oor die algemeen optimaal te bestuur. “Toe ek met demensie-leiers begin werk het, het ek niks van demensie geken nie wat dit ’n steil leerkurwe gemaak het. Sodra mens dit eers ervaar het, is daar veel meer geleenthede om ’n verskil te maak hier by Allen Park,” het sy vertel.

Met nuwe verantwoordelikhede kom daar nuwe uitdagings en so glo Marais dat haar onmiddelike mylpaal is om die organisasie te leer ken. “Vir nou wil ek fokus om ’n nuwe visie vorentoe vir Allen Park te ontwikkel en so te bepaal wat belangrik is, waarop daar gefokus moet word en ook om voort te bou aan wat alreeds bestaan het voor my amp.”
Covid-19

Te midde ’n pandemie-stryd, het Marais uitdrukking gegee aan hoe streng sy Covid-19 ag. “Ek het self Covid-19 onderlede gehad in Julie. Ek was baie siek en dit was regtig ’n nare ervaring om deur te maak. Dit plaas vir my meer klem op die rol en verantwoordelikheid wat ons het om seker te maak ons bejaardes is veilig.

“Ek weet Covid-19 het dit uitdagend vir aftree-oorde en versorgingseenhede gemaak. Omrede die inwoners nie altyd die ondersteuning kon bekom wat hulle nodig gehad het nie weens wetgewing van die tye.”

LEES OOK: Stacey shares tips on restaurant etiquette under the new normal

Onmiddelike planne wat beraam word onder Marais se leierskap sal fokus om weer lewensregeenhede aan diegene op die waglys beskikbaar te stel.
“Onder die streng grendelregulasies was mense verbied om te trek en vrylik rond te beweeg. Dus het Allen Park baie lewensregeenhede wat opgehoop het wat ons nou sal opknap en verkoop.

“Ons het baie kandidate op die waglys, maar dit kan ook wees dat baie mense op die waglys nie gereed is om te verhuis nie. So dit beteken dat daar altyd plek op die waglys vir nóg mense is.”

Marais het gesê sy was aansienlik in haar noppies oor die standaard van die eenhede by Allen Park. “Die eenhede is ruim en wat baie opvallend i,s is die heffings wat so laag is. By ander oorde is die heffings maklik vier of vyf keer hoër as wat dié gemeenskap geöffer word. Ek was nogal verstom oor die waarde vir geld wat nuwelinge hier te vinde sal kry.”
Allen Park protokol

Die onafhanklike inwoners is vry om te kom en gaan soos hulle benodig. Die enigste beperking wat daadwerklik op diegene gestel word is die aantal mense wat toegelaat word om besoek af te lê.

“Die aantal kuiergaste word bepaal deur sosiale distansiëring en wat dit toelaat. Dit word bepaal deur die aantal mense wat wil kuier in verskillende mates van beskikbare ruimte.

“Besoekers aan die versorgingseenheid word vir 20 minute op ’n slag toegelaat, waartydens slegs twee gaste welkom is. So besoek vind plaas te midde van ’n skerm en kinders word op die stadium nie toegelaat nie.”

Allen Park se kerkdienste sal weer posvat, maar vir tyd en wyl word aktiwiteite soos koor nog verbied.

Daar sal weer meer buiteligpraatjies aangebied word waar inwoners in ope lug vergesel sal word.

“Sarie Scheepers beplan’n hoë-tee waarmee ons graag ’n kunstenaars wil ondersteun wat ook hard getref is deur die pandemie.” Marais se filosofie is een van getrouheid, kwaliteit en plig.

“Ek vertel altyd die personeel dat die fokus op die inwoners se gemak sentreer moet word. Ons inwoners bly nie waar ons werk nie, ons werk waar hulle wonings is.”

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button