LettersLocal newsNewsOpinion

Dr Morris deel vreugde oor matrieksukses

Ek wil Jeugland, maar ook al die ander skole in die dorp, gelukwens met noemenswaardige uitslae!

Beste Kempton Park gemeenskap:

Matrieks, julle laat ons bors swel van trots. Die span: Skepper, opvoeder, ouer en leerder het die 2020 wedloop suksesvol voltooi. Baie geluk!

Ek het hierdie jaar die voorreg om ons gemeenskap vir die 30ste jaar te dien. Elke jaar word die matrieksuitslae met groot nuuskierigheid en opgewondenheid ingewag. Hierdie jaar was dit egter ‘n heel ander saak. Ons het almal gewonder wat die impak van die uitdagende 2020 akademiese jaar sou wees op ons matriekuitslae.

Die klas van 2020 het ons nie teleurgestel nie!

LEES OOK: CGA reflects on 2020

My raad aan 2021 se matrieks: Glo in God, jou opvoeders en jouself. Moet uit geen klas stap as jy nie daardie dag se werk verstaan nie. Studeer en werk elke dag konstant tot die beste van jou vermoë.

Baie sterkte en voorspoed word elke matriek in die dorp toegewens.

Hoof van Hoërskool Jeugland
Dr DJ Morris

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button