Local newsNews

Jan (87) en Serrie (85) Nel vier ‘n leeftyd saam

Die paartjie herdenk 66 kosbare jare saam in Birchleigh-Noord wat hul woning vir die afgelope 27 jaar is.

Na 66 jaar herdenk Jan (87) en Serrie (85) Nel hulle liefde en kinders. Hand-aan-hand het dié twee ‘n geseënde huwelik herdenk op 26 Februarie.

“Deur die genade van bo is ons geseën met twee dogters, vier kleinkinders en vier agterkleinkinders,” het Jan gespog.

LEES OOK: Dr Morris deel vreugde oor matrieksukses

“Ek was tot en met my aftrede in 1993 die elektriese voorman by die steenkoolmyne in Ermelo en Serrie was kredietkontroleerder by Edgars in Ermelo.

“Dié jaar merk ons die 27ste jaar wat ons woonagtig is in Birchleigh-Noord.”

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button