2020 Kempie Klarissa behaal 10 onderskeidings
“Moenie stres nie en maak leer lekker,” is dié toppresteerder se leer-filosofie.
Ten spyte van ’n onvoorspelbare 2020, het Klarissa Swanepoel (18) haar eie hasie uit die hoed gepluk met 10 onderskeidings vir haar matriekuitslae.
“Skep vir jouself geleenthede om na uit te sien en moenie altyd vir ander mense wag om daadwerklike aksie te bewerkstellig nie,” is Klarissa se gesogde advies aan heer medeleerder.
Wat is haar geheim?
“Sjoe! Ek het al aan soveel maniere gedink om vervelige werk op te kikker. Van dansies, rympies, snaakse video’s vir my vriendinne maak tot by TikTok video’s kyk.
“Of dit nou gewerk het of nie, al wat ek kan sê is dat hoe harder ek gelag het vir hoe ek leer, hoe beter het ek die werk onthou die volgende dag.” Haar staatmakermetode was om van vorige matriek-vraestelle ’n beste maat te maak.
“Gebruik jou rekordeksamen om opsommings te maak en te verseker jy verstaan al die werk. In die eindeksamen moet jy basies net ou vraestelle deurwerk en al jou werk alreeds ken. “Moenie bang wees om op jou onderwysers se knoppies te druk nie. Hulle is werklik van die mees behulpsame mense en sonder hulle sou ek nie my doelwitte kon bereik nie.”
Om aanlyn te leer was vir haar ook ’n uitdaging, maar iets waarby sy vinnig aangepas het.
LEES OOK: Hectares of dagga torched in Bredell
“Ek dink die moeilikste deel van ’n matriekjaar tydens Covid-19 was om te weet hoeveel goed jy mis. Jou laaste sportwedstryd, matriekafskeid, 40 days, eerstespan aankondigings en nog vele meer. “Elke keer wat ons gehoop het om terug skooltoe te gaan, nadat ons tasse al klaar gepak was, is die heropen van skole net verder aangeskuif.”
Haar gunstelling vakke was wiskunde en rekeningkunde, aangesien sy nog altyd mal was oor syfers. “As dit van my afgehang het, het ek vir ewig net geswot. Sommer alles wat ek kan soos rekeningkunde, medies, regte en onderwys. Ek gaan egter vir eers net BCom rekeningkunde wetenskappe by die Universiteit van Pretoria studeer. My doelwit is om oor vier jaar ’n geoktrooieerde rekenmeester by PWC te wees.”
Klarissa besin dat sy oor vyf jaar by PWC sal werk en haar lewe as deel van die “working class” te geniet. “Oor 10 jaar was ek hopelik al ’n paar keer oorsee en het ek al oral waar ek wil gereis. Miskien is ek dan gelukkig genoeg om my eie besigheid al te hardloop en is ek dan steeds besig om te studeer en my kennis te verbreed.”
Also follow us on:





