Local newsNews
Dank vir besnoeïng van bome in Vyeboomlaan
Redakteur – Hiermee ons opregte dank vir bogenoemde klagte wat so vinnig opgelos is. Op 10 Maart het ’n boom in Vyeboomlaan gebreek.

Die klagte was onder die aandag van Danie van Eck se aandag gebring en dieselfde aand was die area rondom die boom beveilig. Die volgende Maandagoggend het Van Eck inspeksie kom doen en ons waardeer die vinnige optrede van Ekurhuleni.
LEES OOK: Edenvale Hospital appeals for assistance identifying body
Die takke wat oor die straat gehang het, is op 18 Maart vroeg deeglik afgesaag en onmiddelik verwyder. Ons as inwoners van Vyeboomlaan in Allen Grove bedank graag Danie van Eck, Simon Mongalo, Johannes Makafula, Sifiso Msibi en T Mafanga vir die flinke diens wat hulle vandag verrig het.
Doen so voort.
Mev S Smit
Also follow us on:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




