Local newsNews

Kempton Park se VLU erken die nood van bejaardes

Vrou Landbou-unie Kempton Park se tuisversorging-vlank het die nood van bejaardes en siekes in hierdie jaarlange Covid-19 tyd raakgesien.

Die gerusstelling van veilige tuisversorging is noodsaaklik, meen die unie. Dus het Dr Hendrik van Rensburg, wat ‘n doktorsgraad in tuisverpleging het, die VLU dames ingelig oor sy tuisversorgers.

Hulle bied 24-uur per dag beskikbaarheid en lewer ook inslaapdiens wat omsien na die fisiese versorging en kosmaak vir die persoon wat hul versorg. Van hulle kan motor bestuur en die persone neem vir doktersbesoeke en inkopies. Hulle diens dek vanaf die Oosrand tot in Roodepoort.

LEES OOK: Cyclists to hold fund-raiser for George

Kontak Home Based Care by 071 052 2872. Van Rensburg is daagliks 24 uur per dag beskikbaar. VLU Kempton Park se projek vir 2021 sluit in die insameling van onderklere vir meisies.

Indien u ’n skenking wil maak kontak Marina Bessinger by 082 873 1129 of 011 976 9147, of skakel die voorsitter, Emmie van Zyl, by 082 302 8936. Nuwe lede is welkom.

Also follow us on:

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button