Local newsNews

Blackie Swart tokkel Allen Park se hartsnare

Met die swaar gevolge op die musiekbedryf weens grendelregulasies, wens Blackie dat mense saam hande vat en op mariete voortbou.

Blackie Swart het ’n lang verwagte optrede aan die bejaardes van Allen Park op Saterdag geëer na sy 2020 beplande optrede weens grendeltydperk op ys gesit was.

Blackie het aan sy gehoor verkondig dat dit ’n groot voorreg en plesier was om uiteindelik voor hulle te verskyn en vermaaklikheid te bied na só strawwe isolasie.

Dit was ’n verfrissende buite aangeleentheid waarby die inwoners van Allen Park kon terugsit, voete uitrek en onstpan met die gesellige klanke van Blackie-treffers, soos Liewe Lulu.
Na ’n eensame grendeltydperk waarin Suid-Afrika se bejaardes besonder in isolasie geplaas was, het Blackie gesorg vir ’n vrolike naweek bederf. Daar was enkele ratse paartjies in die gehoor wat deftige draaie op die oord se grasperke geswaai het.

Aan Express het Blackie vertel: “Die eerste lockdown kon ons survive, daar was kompensasie, spaargeld en UIF het die uitdaging verlig. Lockdown twee, aan die ander kant, het ons bedryf hard getref waarmee ek al my optredes verloor het.”

LEES OOK: Vaccine site gain thumbs up

Danksy dié uitdagings, het Blackie innoverende mylpale bereik om sy bestaan vorentoe te verseker, wat onder andere die oopmaak van sy eie restaurante behels het. Sy fasiliteite bied nou ’n mooi onthaal en boeremark vir sy gaste.

“Elke ou, gebasseer op sy eie meriete, moet maar opstaan in dié swaar tye. Die belangrikste wat ek graag wil sien gebeur is dat almal, maak nie saak watter status jy handhaaf in die lewe nie, hande vat en saam bou.”

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button