Hoërskool Oosterlig oorwin Jeugland
Die opwinding onder sport leerders was Saterdag tasbaar op Hoërskool Jeugland se rugbyveld na ’n jaar se afwesigheid weens die pandemie. Jeugland het op 8 Mei ’n rugby opwarmingswedstryd teen Hoërskool Oosterlig gespeel. Met die junior spanne wat meestal deur Jeugland oorheers, is die toekoms van Jeugland se rugby rooskleurig. Die o-14-span het afgeskop deur
Die opwinding onder sport leerders was Saterdag tasbaar op Hoërskool Jeugland se rugbyveld na ’n jaar se afwesigheid weens die pandemie.
Jeugland het op 8 Mei ’n rugby opwarmingswedstryd teen Hoërskool Oosterlig gespeel.
Met die junior spanne wat meestal deur Jeugland oorheers, is die toekoms van Jeugland se rugby rooskleurig. Die o-14-span het afgeskop deur hul wedstryd gemaklik te wen met 29-3. Die reën het by die o-15 wedstryd ’n rol gespeel en beide spanne moes baklei om die voorvoet te kry. Jeugland het die wedstryd 10-0 gewen.
Die o-16-span van Jeugland, wat ook die Virseker Beker in 2019 gewen het, was te sterk vir die besoekende skool en het die wedstryd 38-3 gewen. Met die seniors se wedstryde was beide die tweede- en eerstespanne ewe sterk, maar die tweedespan van Jeugland was op die einde van hul wedstryd net te sterk en het die wedstryd 14-10 gewen.
Die eerstespan wedstryd het vir groot aksie en aanskoulike rugby gesorg vir beide kante se toeskouers. Alhoewel geen toeskouers teenwoordig mag wees nie, het Jeugland verseker dat ouers van die gemak van hul eie huise die wedstryde regstreeks op YouTube kon aanskou.
Die eerstespanne het elk vyf drieë gedruk, maar dit as gevolg van Oosterlig se doelskopper wat die finale spyker in die kis geslaan het deur vier lang doelskoppe oor die pale te sit. Alhoewel Jeugland geveg het tot die einde om die punte op te maak, was dit die eindfluitjie wat die laaste sê gehad het.
Jeugland se senter, Heinrich Flooks, het bo al die spelers uitgestaan en het drie van Jeugland se drieë gedruk. Jeugland se eerstespan het die wedstryd 45-31 verloor.
• Neels Poley, Hoërskool Jeugland se direkteur van bemarking en rugby.
