Local newsNews

Birchleigh VLU bederf die personeel by Herfsland

Birchleigh VLU het hulle harte oopgemaak toe hulle omgeepakkies aan elke personeellid en werker by Herfsland op Hemelvaartdag (14 Mei) uitgedeel het. “Ons het groot waardering vir almal by Herfsland wat betrokke is by die versorging ons bejaardes. Ronel du Plessis, voorsitter van die tak, het 83 pakkies oorhandig aan die bestuur van Herfsland. Dit

Birchleigh VLU het hulle harte oopgemaak toe hulle omgeepakkies aan elke personeellid en werker by Herfsland op Hemelvaartdag (14 Mei) uitgedeel het.

“Ons het groot waardering vir almal by Herfsland wat betrokke is by die versorging ons bejaardes. Ronel du Plessis, voorsitter van die tak, het 83 pakkies oorhandig aan die bestuur van Herfsland. Dit is aan die dag-en nagskof personeel versprei,” vertel die unie se skakelbeampte, Lettie Blomerus.

Blomerus het vertel dat dit besonders spesiaal was omdat die publiek nie altyd besef hoeveel werk en moeite in die versorging van die bejaardes belê word nie.

ALSO READ: Bekende Afrikaanse akteur dood aan Covid

Elke omgeepakkie het ‘n pakkie skyfies, energiestafie, beskuitjies, koekies, koffiesakkies en ‘n bottel water bevat.

Vir enige inligting of belangstelling om ‘n lid te word van die Birchleigh VLU-tak, kan du Plessis by 083 264 3486 gekontak word.

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button