Local newsNews

Kempton Park VLU maak groot klereskenking aan Casa Caritas

Kempton Park VLU vergader elke derde Donderdag om 9vm by Kempton Kruin NG-kerk in Fiskaalstraat, Glen Marais. Alle dames bo 16 is welkom.

“Kempton Park VLU se tannies kan nie net hekel, brei en bak nie, hulle kan voorwaar ook lees en het in die Kempton Express gesien dat Casa Caritas se Blou Winkel klere soek om te verkoop,” het Marina Bessinger, die skakelbeampte, gesê.

Bessinger se skoolmaat, Susan van Biljon, het na Kempton Park toe getrek saam met haar kinders, Tia en Pieter Beukes, en hul vier kinders.

“Hulle gee toe sakke vol klere om uitgedeel te word na goeddunke. Sy onthou van Express se artikel oor Casa Caritas en besluit om na hulle uit te reik. Sy het ’n passie vir gestremde mense, aangesien sy as kind meningitis/breinvliesontsteking gehad het en dokters gesê het dat indien sy oorleef, sy doof, blind of verstandelik gestremd sou wees. Sy het haar bekwaam as onderwyseres en later nog vier jaar verder gestudeer in spesiale onderwys en ook remediërende onderwys, wat haar passie is.”

So het Casa Caritas ’n sagte plek in van Biljon se hart gevind.

ALSO READ: Bekende Afrikaanse akteur dood aan Covid

Binnekort het die VLU-dames die klere volgens groottes, dogters, seuns en volwassenes sorteer en dit in dose verpak. Van Biljon wou self deel wees van die aflewering van ongeveer 200 kledingstukke wat nuwe betekenis by Casa Caritas gevind het.

“Baie dankie aan die Beukes-gesin. Nou ken julle die pad na Casa Caritas toe en ons is seker daar gaan nog donasies wees. Die VLU, Kemptonparkers en Casa Caritas. Voorwaar ’n wenkombinasie. Die vriendelike Rochelle Bekker en van die werkers het ons hartlik met dank ontvang toe die donasies oorhandig is,” het Bessinger gesê.

Kempton Park VLU vergader elke derde Donderdag om 9vm by Kempton Kruin NG-kerk in Fiskaalstraat, Glen Marais. Alle dames bo 16 is welkom.

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button