Hannon Bothma wys skoonheidswenke by Allen Park
Hannon Bothma het lootjies getrek tydens sy vertoning by Allen Park en drie dames het van sy produkte gewen.
Sarie Scheepers het op 13 Mei skoonheidsguru Hannon Bothma aan die woord gestel voor ’n Allen Park dames-gehoor.
“Ek het ’n kans gevat en Hannon gekontak om te hoor of hy sou belangstel om by Allen Park ’n funksie aan te bied. Toe Hannon vir my bevestig dat hy graag sal kom, het ek by die gang afgehardloop en dit in die huis verkondig,” het Sarie vertel toe sy Hannon bekendstel.
Die oomblik toe Hannon by die funksie opgedaag het, het vrolikheid onder die dames aansteeklik geraak.
“Ek dink sodra ’n mens ouer raak kan jy nie meer skoonheidskompetisies wen nie, maar daar is geen rede hoekom jy nie nogsteeds op jou mooiste en beste kan lyk en voel nie,” het Hannon gesê.
“Voor ek demonstrasies begin, is dit vir my belangrik om aan julle my twee lewensfilosofië te verduidelik aangaande die mens se voorkoms. Die eerste is dat ek glo nie aan natuurlike skoonheid nie, ek glo skoonheid kom van binne … van binne botteltjies en buisies.”
Hannon het volgehou dat met die regte botteltjies en buisies kan mens beter lyk én voel.
ALSO READ: Birchleigh VLU bederf die personeel by Herfsland
“Ek weet daar is dae wanneer mens wakker word en voel dat jy die laken net oor jou kop wil trek en besluit om nêrens heen te gaan nie. Maar dis juis daardie dag wat jy moet opstaan en jou rooiste lipstick moet aansit.”
Hy het onderwerpe van belang aangespreek en en eerstens hare bespreek.
“Grys hare is ’n interessante verskynsel, dit het geen pigment nie. Wanneer daar nie pigment is nie, verloor die hare volume en dit kan nie vog verteer nie, want melanien sorg vir dit.”
Nóg ’n probleem met grys hare weens dit so lig en wit is, absorbeer dit besoedeling uit die lug uit.
“Grys hare verloor daai mooi silwer glans, dit raak so half dof en geel,” het Hannon gemaan.
“As dit kom by grimering is dit nie gemaak om jou onherkenbaar te laat lyk wanneer jy voor in die kerk sit, teenoor wanneer jy gewoon by die huis sit en hekel nie. Grimering is gemik om jou vel op te vrolik.”
Nadat Hannon deelsaam was met ’n paar skoonheidswenke, het hy Marie uit die gehoor geroep om as sy model die verhoog te betree.
Hannon het begin deur Marie se gesig skoon te maak, verskillende skoonheidsprodukte geïllustreer en toe vir haar ’n glansryke “hairdo” geskep.
Om meer van die wenke en skoonheidstaktieke te gewaar, kyk die video van Hannon Bothma by Allen Park.
Also follow us on:




