Lefra Produksies saai weer Kelderkonserte uit
Skuif reg op jou gunsteling rusbank en maak gereed vir ‘n aanlynfees van musiek, komedie en drama oor die volgende 17 weke wanneer Lefra elke Sondagmiddag om in jou sitkamer kuier met heerlike vermaak.
Lefra Produksies het aangekondig dat hy weer sy Lefra Kelderkonserte op Sondagmiddae om 17:00 aanlyn gaan uitsaai aangesien teaters toegemaak is onder die nuwe Covid-regulasies.
Lefra sit sy Kelderkonserte op 18 Julie voort met Goue Oues met Alwyn Oberholster.
Oberholster is gewild en bekend onder gehore vir sy vertolking van ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer. Maar wat maak ’n treffer tydloos? Wat maak van ’n liedjie ’n ‘goue oue’?
ALSO READ: Ekasi’s master of ceremonies perfects his craft
“Goue oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink,” het Oberholster gesê. “As jy die liedjie hoor, neem dit jou skielik terug na die verlede en al die herinneringe wat daarmee gepaard gaan. Goeie herinneringe. Jou eerste soen, jou eerste afspraak … goue herinneringe.”
Aanhangers kan ook uitsien na produksies soos Groet die Grotman 2, Country Legends en My Pa in die komende weke.
Alle besprekings kan by itickets.co.za gedoen word. Vir meer inligting en ’n volledige lys van al die Kelderkonserte, besoek gerus www.lefra.com
Also follow us on:




