NewsSchools

Jeugland leerder neem deel aan internasionale ballet kompetisie

“Ballet is iets spesiaal, dit leer jou disipline en, meeste van alles, laat jou vry voel,” het Jacobson gesê.

Savannah Jacobson, ’n Graad 11 leerder by Hoërskool Jeugland, het in die agtste SA Internasionale Ballet Kompetisie in Kaapstad vanaf 19-23 Oktober deelgeneem.

Sy is gekies om tydens die gala-aand op te tree.
Die kompetisie is deur 180 deelnemers oor die wêreld bygewoon, met net die Suid-Afrikaanse deelnemers wat fisies daar was.

Lees ook: Jeugland Dux-leerder presteer

Die res het aanlyn deelgeneem.
Jacobson het op vyf-jarige ouderdom aan ballet begin deelneem.

Jacobson het ook onlangs haar finale ballet eksamen met lof deurgekom om haar soloseël te verower.
Jacobson droom daarvan om eendag aan een van die groot ballet geselskappe te behoort.
“Ballet is iets spesiaal, dit leer jou disipline en, meeste van alles, laat jou vry voel,” het Jacobson gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button