NewsSchools

Kempies krieketspelers klop Oppenheimer XI met sewe paaltjies

Die Kempies span het die wedstryd met 7 paaltjies gewen.

Hoërskool Kempton Park se eerste krieketspan het die rare geleentheid gehad om op 23 Oktober teen die Oppenheimer XI te kon speel.
Die Kempies span het die wedstryd met sewe paaltjies gewen.
Dit is ‘n besondere geleentheid wat net enkele skolespanne al in die verlede te beurt geval het.
Wanneer internasionale toerspanne soos byvoorbeeld Engeland of Australië in Suid-Afrika kom toer, is hulle eerste toerwedstryd gewoonlik teen die Oppenheimer X1.
Die wedstryd het plaasgevind by Randjeslaagte. Die seuns en ouers was oorweldig deur die ongelooflike fasiliteite en die professionaliteit van alle aangeleenthede op die dag.
Die Oppenheimer XI het eerste gekolf en 259 lopies aangeteken in hul 50 boulbeurte.
Hoërskool Kempton Park se krieketspan het die totaal verbygesteek deur 263 lopies aan te teken in slegs 37.3 boulbeurte. Die volgende kolwers het uitstekend presteer:
• Zander Smith: 102 lopies van slegs 98 balle (13 viere en twee sesse).
• Jayden Mostert: 61 lopies van slegs 33 balle (10 viere en twee sesse).
Zander en Jayden het ‘n onoorwonne vierde paaltjie venootskap van 86 lopies geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button