Jasmyn VLU blink uit by konferensie
Jasmyn het altesaam 15 trofeë verower en vier spesiale toekennings ontvang.
Die Goudrifstreek Konferensie word een keer per jaar gehou waar voorgeskrewe artikels deur VLU vroue gemaak, uitgestal en beoordeel word.
Die jaar se 27ste konferensie was gereël deur die Carpe Diem tak van Springs.
Dit was ’n groot prestasie vir die Jasmyn tak om, soos verlede jaar, weer eens die algehele wenner by die konferensie te kon wees.
Jasmyn het altesaam 15 trofeë verower en vier spesiale toekennings ontvang.
Charlotte van der Linde het met haar fotografie en Dot Art-artikel spesiale pryse ontvang, asook Martha Visagie vir haar masjiengemaakte kruideniersak.
Voorsitter Ronel du Plessis het weggestap met die trofee vir die beste voorsitterverslag en Lettie Blomerus was aangewys as die skakelbeampte van die jaar.
Jasmyn VLU vergader elke tweede Donderdag van die maand by Norton Aftree-oord in Brentwoodpark.
Nuwe lede is welkom om deel te vorm van die tak en kan Ronel du Plessis, voorsitter van die tak, kontak by 083 264 3486 vir meer inligting.
