Makarios Gemeente kry ’n nuwe tuiste
Die kerkraad van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) Makarios Gemeente het verskuif na ’n nuwe perseel in Glen Acres, Kempton Park.
Die kerkraad van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) Makarios Gemeente het verskuif na ’n nuwe perseel in Glen Acres, Kempton Park.
ALSO READ: Kempies skitter in Ekurhuleni Noord Distrik
Die gemeente deel nou die kerkgebou van die Nederduits Gereformeerde Kerk te Maraboestraat 17.
Die twee kerke het steeds hul eie predikante wat dienste lewer, maar net op verskillende tye.
Elke gemeente behou steeds sy eie identiteit en tradisies.
Die predikante en dienspersone van die NHKA Makarios gemeente is as volg:
• Predikant Prof LJ Steenkamp 079 885 3320
• Hulp-predikant Dr G Lindeque 082 374 8703
• Skriba Klasie van Zyl 084 810 5603
• Koster Emmerentia Uys 071 410 4527
• Kassier Nico van Niekerk 082 418 9592
Stuur ’n epos na nhk.makarios@gmail.com
Die koster is Maandae, Woensdae en Vrydae by die kerk beskikbaar tussen 08:30 en 13:00.
Die kassier werk van die huis af en is slegs Woensdae en Sondae by die kerk beskikbaar.
Also follow us on:




