Sluit aan by die leeskring
Die Kemptonparkse Leeskring is aan die Kemptonparkse biblioteke verbonde en een van die groepe van die Vriende van die Kemptonparkse Biblioteke.

Is jy lief vir lees?
Indien wel, dan is die leeskring in Kempton Park die ideale groep vir jou.
Die Kemptonparkse Leeskring is aan die Kemptonparkse biblioteke verbonde en een van die groepe van die Vriende van die Kemptonparkse Biblioteke.
Die vriende samel geld in vir die biblioteke sodat meer nuwe, opwindende boeke gekoop kan word.
Hulle help en ondersteun ook die biblioteekpersoneel waar hulle kan. Die leeskring is hoofsaaklik ’n Afrikaanse groep, maar lees ook Engelse boeke.
Hulle vergader elke tweede Woensdag van die maand vanaf 09:30 vir 10:00 tot 12:00 by die Birchleigh Biblioteek in Olienhoutstraat.
Daar is ’n paar openinge vir nuwe lede. Ledegeld is R120 per jaar. Van die ledegeld word gebruik om boeke vir die leeskring aan te koop en ’n gedeelte daarvan gaan aan die biblioteke.
Lede hoef nie self boeke te koop nie.
Daar word boeke in verskillende kategorië gelees, soos moderne romans, top verkopers, klassieke Afrikaanse werke, gedigte, kort verhale, geskiedenis en selfs biografieë.
Die boeke word dan deur ’n lid van die leeskring of ’n ander spreker bespreek.
Daar word ook saam gekuier en koek en tee of koffie geniet.
Belangstellendes kan Susan Wilsenach kontak by 072 327 9063.
