Allanpark Rolbalklub hou kampioenskaptoernooi
Anna Jones het met drie trofees weggestap, nadat sy die dames pare saam met Elize Visagie, en die gemengde pare saam met Hannes Nel gewen het.
By die onlangse kampioenskaptoernooi van die Allanpark Rolbalklub het die spelers om’n string trofee meegeding.
LEES ASOOK: St Paddy’s Day celebrated at Avion Park Bowling Club
Die klub, wat in ’n groeistadium is, het nou al 60 lede en die kompetisie was straf.
Anna Jones het met drie trofees weggestap, nadat sy die damespare saam met Elize Visagie en die gemengde pare saam met Hannes Nel gewen het.
Monica Bodington het die enkelspel gewen. Anna Jones is ook algeheel as die dames kampioen aangewys.
Onder die mans was dit Pieter Heyman wat die aandag getrek het.

Hy het die enkespel gewen, en saam met Tommy Pearson en Flip Wolfaardt die driespel ook ingepalm.
LEES ASOOK: Avion Bowling Club focuses on the future of bowls
In die manspare was Pieter ook suksesvol saam met Lawrence Mc Mahon. Hy is ook aangewys as die algehele kampioen onder die mans.
Die president van die klub, Lenie du Plessis, het die prysuitdeling behartig.
Sy was na die kampioenskap opgewonde oor die gehalte van spel en die toekoms van die klub.
Sy sien uit na die 2022/23 rolbalseisoen.
Also follow us on:




