Afrikaners is plesierig
Tant Mina kook stroop van die mebos-konfyt, van Wellington se suiker van ‘n tripens die pond. Maandag is wasdag, Dinsdag is strykdag.
My Sarie Marais is so ver van my hart, maar ek hoop om haar weer te sien.
Dis lente in die Boland, kom hoor die Piet-my-vrou.
Tant Mina kook stroop van die mebos-konfyt, van Wellington se suiker van ‘n tripens die pond.
Maandag is wasdag, Dinsdag is strykdag. Tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai.

LEES ASOOK: Albummakers word uitgenooi
Op Mooifontein groei die bitter alwyn, die bido en roosmaryn. O, my liefste Merietjie, Maryna, Marié. Al slaan jou ma my drie maal op my kop, dan staan ek op en kom ek weer.
Saamstaan Volkspelelaer kom elke Dinsdagaand bymekaar by die Voortrekker terrein agter Impala Laerskool om saam te sing en Volkspele te speel.
Dit is ‘n ideale tydverdryf waar oud en jonk saam Afrikaans geniet, vriende maak en oefening kry.
Gesinne is baie welkom, maar so ook enkelinge.
Belangstellendes kan Annabé skakel op 083 654 8967 vir meer inligting.
