WIE onthou nog Hitchcock se riller fliek, The Birds?
Dit was oor massas voëls wat mense aanval en probeer doodpik. Soos al Hitchcock se films was dit geweldig spannend.
Wel, laat in die vyftigerjare op Stellenbosch “bunk” ‘n paar van ons een middag fisika prakties en gaan kyk ons The Bird” in die Plaza. En daar kry een ou ‘n blink gedagte.
Daardie aand kom ons weer terug. Ons smokkel ‘n lewendige hoender onder iemand se baadjie by die fliek in. (hy’t maanda daarna nog van vlooie gekla!). In elk geval, ons gaan sit op die gallery, hoender en al.
Nou, in ‘n stadium in dié film is daar ‘n baie spannende oomblik. Die held en die heldin word in ‘n huis beleër deur massas boosaardige voëls. Daar is ‘n oomblik waar al die voêls stil word en hulle gebruik dit om saggies na hulle motor te loop, waar hulle veiliger sal wees.
Nou ja, dis toe net op daardie tydstip dat ons die hoender los vanuit die plaza se gallery. Die hoender vlieg deur die projektor se ligstraal en sy skaduwee verskyn op die skerm as ‘n reuse roofvoël. ‘n Paar gille word gehoor en toe land die hoender op iemand se skouer. Alle hel breek los. Massa-histerie!
Die gegil word so erg dat die fliekeienaar die ligte moes aanskakel. Die arme verbouereerde hoender probeer onder die stoele wegkruip, maar dit vererger die histerie.
En dit mense, was die dag toe histeriese studente – jongmense wat tog almal weet hoe ‘n hoender lyk – mekaar by die fliekdeure vertrap het om weg te kom van hierdie vreeslike ding!
Y Y Y
‘n Grappie van Jan H (wat hyself uitgedink het): COSATU sal in die toekoms nie meer ‘n Vavi(l) in sy logo hê nie. Die rede hiervoor is dat Zwelinzima dit weggesteek het!
* * *
En toe was daar die twee klein seuntjies wat uit blote nuuskierigheid by ‘n kunsgallerry inloop. Na ‘n rukkie kom hulle by ‘n skildery van ‘n naakte vrou.
Gefassineerd kyk hulle ‘n rukkie hierna. Dan sê die een benoud vir die ander:
“Jong, hier’s moeilikheid. Ons moet vinnig hier uitkom! My ouma het vir my gesê dat ‘n mens nie na kaal vrouens moet kyk nie. Jy versteen! En dit begin al klaar met my gebeur! Kom ons hardloop!”
* * *
Hierdie enetjie moet in Engels vertel word (dankie Lizé).
Een oggend kom Lord Bolingbroke se Butler na hom en sê: “Good Morning, my Lord. I was wondering whether you could help me with something, sir?”
“What is your problem this morning, Jeeves?”
“Sir, I heard a new word on the radio and for the life of me I cannot find it in the dictionary. I was wondering whether you could help, sir?”
“What is the word Jeeves?”
“Faux pas, sir,”
“Oh yes, I can help you Jeeves. Do you remember last Sunday when the Bishop was walking through the rose garden with my wife. He stooped to pick a rose and it pricked his finger?”
“I remember, my Lord. His finger bled rather copiously and her Ladyship asked me to bring a band-aid to stop the bleeding.”
“Excellent, Jeeves. Now, later that evening when we were having dinner you came in with the dessert. My wife leant over to the bishop and asked: ‘How’s your prick?'”
“He replied, throbbing, and I said good heavens, and you dropped your tray. Now, that’s a faux pas, Jeeves.”
* * *
Gedurende die Boere-oorlog raak ‘n Skotse soldaat bevriend met ‘n boeremeisie. Hulle gaan sit onder ‘n wilgerboom by die spruit en hy sit sy hand op haar knie.
“Moenie!” sê sy vir hom. “Moenie!”
Hy beweeg sy hand ‘n bietjie hoër en sy klap dit weg: “Ek sê, moenie!”
“Och, lass,” sê hy. “I ken well you want money, butI dinna have any the noo. Could I owe ye until payday?”
