Struwwelpeter: Eskom don’t have an energy crisis, they have a management crisis
En hoe leef die wêreld se tweede rykste man?

ONS kon darem vanjaar Kersfees vier sonder kragonderbrekings, maar wanneer kom die volgende ene?
Soos baie ander mense, slaap Struwwelpeter snags met ‘n dialise-masjien. As die krag in die middel van die nag afgaan, het almal van ons nogal ‘n probleem.
Maar dit daar gelos. Daar was groot verontwaardiging toe die koerante berig dat N’Kandla se krag permanent aanbly. Maar, glo my, dit is beter so.
As Zuma elke aand in sy Jacuzzi sit en GuptaTV kyk dan is hy tenminste nie verveeld nie. Ons almal weet wat Zuma doen as hy verveeld is – en ons belastingbetalers soek nie nog ‘n halfdosyn Zuma-kleintjies nie.
En dan, die finale woord oor Eskom: “They don’t have an energy crisis. They have a management crisis” – Aldus ‘n senior elektrotegniese ingenieur.
* * *
Ramaphosa is vir die vakansie oorsee met sy gesin – per kommersiële vlug. En hy het self vir die kaartjies betaal. In die besigheidsklas het hy waarskynlik gewone whisky en SA wyne gedrink.
Dit het nog altyd vir Struwwelpeter verbaas hoe vinnig die comrades, meeste van hulle van nederige afkoms, gesofistikeerde smake ontwikkel het. Hulle gril behoorlik as hulle iets minder as Johnny Walker Blue Label (R1000+ per bottel) of enigiets anders as die duurste Franse sjampanje saam met Beluga kaviaar aangebied word. Twintig jaar gelede het hulle magau gedrink en pap geëet.
* * *
Terloops, die wêreld se tweede rykste man, Warren Buffet, leef as volg:
• Woon nog in dieselfde middelklas huis wat hy as jong man vir sy bruid gekoop het.
• Bestuur nog sy eie motor, sonder chaffeurs of sekuriteitswagte.
• Hy reis nooit per private straler nie, hoewel hy die wêreld se grootste private stralermaatskappy besit.
• Sy maatskappy, Berkshire Hathaway, besit 63 maatskappye. Hy skryf slegs een brief per jaar aan elke CEO waarin hy die jaar se verwagtings uitspel. Dis al. Geen vergaderings nie, geen telefoonoproepe nie.
• Sy mense het net twee opdragte:
1. Moenie aandeelhouers se geld verloor nie.
2. Onthou reël #1.
• Hy sosialiseer nie en as hy saans by die huis kom, eet hy springmielies terwyl hy TV kyk.
• Hy besit nie ‘n selfoon en het nie ‘n rekenaar op sy lessenaar nie.
• Bill Gates – die wêreld se rykste man – het hom eenkeer besoek. Hulle gesprek was beplan vir 30 minute, maar het 10 ure geduur. Nou is Gates sy dissipel.
* * *
En nou, ‘n bietjie Britse stoutigheid. Totaal polities inkorrek:
• It has been announced that the police are going to be allowed to use water cannons on rioters. They are putting some Omo in to stop the colours from running.
• Two Muslims have crashed a speedboat into the Thames barrier in London. Police think it might be the start of Ram-a-dam.
• Following the riots in Tottenham, it’s important to remind ourselves that not all immigrants are stereotypical liars, thieves and arsonists. Many are drug dealers.
• Riots in Birmingham last month caused over a £1 million worth of improvements.
• Jihadists have gone on the rampage in Manchester, killing anyone who’s English. Police fear the death toll could be as high as 8 or 9.
• They’ve had to cancel the Pantomine, “Jack and the Beanstalk”, in Birmingham, Bristol, Bradford, Burnley, Leicester, Manchester and London: Apparently the giant couldn’t smell any Englishmen.
Dit klink of die Britte nou ook neusvol raak vir hulle probleme met immigrante. (Dankie KCG)
* * *
En nou ‘n oulike storietjie (Dankie Lizé) :
‘n Spoorwegstasieskoonmaker word ingeroep deur die stasiemeesater. Lg verduidelik dat die sisteem nou verander het en dat lone nie meer in kontant betaal sal word nie. Dus benodig hy die skoonmaker se epos en bankbesonderhede.
Die skoonmaker is heeltemal uit die veld geslaan. Hy kan nie eers lees en skryf nie. Van epos en banke weet hy niks. Hy word dus ontslaan.
Baie mismoedig loop hy huis toe. Op pad sien hy ‘n vrugtewinkel. Net om homself ‘n bietjie te troos, wil hy vrugte koop . Maar alles kom net in kassies van 1 dosyn. Hy koop toe maar vir hom ‘n kassie vol heerlike perskes.
Hy eet ‘n paar en toe gaan staan hy langs die pad en verkoop die res, een vir een. Toe die kassie leeg is, vind hy dat hy ‘n klein winsie gemaak het. Hy herhaal die proses en maak weer ‘n winsie. Na ‘n maand koop hy vir hom ‘n stootkarretjie en begin hy ernstig met vrugte smous. Na ‘n jaar maak hy sy eie vrugtewinkel oop en stel ‘n man aan om ‘n rekenaar vir hom te werk en boek te hou.
Tien jaar later voer hy sy eie vrugte in en besit hy ‘n reuse ketting van vrugtewinkels, vragmotors en koelstore.
‘n Verslaggewer kom voer ‘n onderhoud met hom. Een van die vrae is: “Meneer, as jy so goed vir jouself doen sonder om te kan lees en skryf, wat sou jy gedoen het as jy wel geletterd was?”
Die magnaat grynslag. “As ek kon lees en skryf, het ek vandag nog toilette skoongemaak by die stasie.
(Met apologie aan WSM).
