BlogsEditor's choiceOpinion

Struwwelpeter: Op watter dag gaan Malema sterf?

Die publiek kan Eskom se probleem oplos as daar net iets gedoen wil word

TANS kuier ons Oostenrykse familie hier. Hulle is heel verbaas oor Eskom se probleme.

“Julle het baie meer sonskyn as ons. Waarom het julle nie foto-voltaise selle op julle dakke nie? Ons het dit almal in Oostenryk en dan verkoop ons die ekstra krag wat ons genereer terug aan die netwerk.”

‘n Goeie punt. Aldus die plaaslike koerant (Cape Times 30 Jan) is die private sektor in staat om meer as 6 000 Megawatt wind- en dakpaneelkrag binne ‘n relatiewe kort tydjie te voorsien. En hulle sal dit self finansieer. Maar hulle aansoeke sit blykbaar nog en stof optel as gevolg van die departement van energie se rompslomp.

Vergelyk nou hierdie 6 000MW wat vinnin beskikbaar kan wees teen Medupi se 4 800MW – wanneer (en as) hierdie pynlike gesukkel eendag op lyn gebring word.

* * *

‘n Interessante paar syfers wat die Solidariteit Navorsingsinstituut so pas vrygestel het: Die SA ekonomie bevat feitlik ondraaglike wanbalanse: Uit ‘n bevolking van 50 miljoen is 3,2 miljoen persone verantwoordelik vir die betaling van bykans 99% van alle inkomstebelasting in die land.

Daarenteen is daar tans sowat 15,5 miljoen amptelike ontvangers van welsyntoelaes.

Voorts betaal 1% van maatskappye 60% van die maatskappybelasting in die land. Verder is dit ook so dat meer as 80% van belastingbetalers nie vir die ANC stem nie. Na raming is 70% van die ANC ondersteuners werkloos.

Hoe lank kan dit nog so voortgaan voordat ons land in totale katastrofie verval? Struwwelpeter dink dis so lank as wat dit sal neem on van Jacob Gedleyihlekisa Zuma ontslae te raak.

Terloops, sy middelnaam is sy sg “prysnaam” en, volgens die BBC, beteken dit “He who smiles while he grinds his enemy’s face into the ground”. Struwwelpeter dink dis tyd dat ons die smile van sy gesig afhaal met volgende jaar se verkiesing.

* * *

Max du Preez sê dat hy wonder of Malema en sy EFF hul dreigement om kaal by die parlement op te daag, sal deurvoer, as hulle verbied word om hulle rooi oorpakke te dra.

Sou dit gebeur, seg hy, sal dit nogal interessant wees om te sien wat gebeur wanneer die Speaker sê: “Honourable members, order!

* * *

Struwwelpeter het eenkeer ‘n video gesien van ‘n jagluiperd wat ‘n bobbejaantjie gevang en geëet het. Die trop was so woedend dat hulle die jagluiperd letterlik verskeur het.

Nadat hy al dood was, had hulle nog soveel woede oor dat hulle steeds die oorblyfsels van die jagluiperd met klippe geslaan het.

En dit laat hom aan die Derby–Lewis paroolstorie dink. Die arme man is sterwend, maar die minister hou aan om belaglike redes te vind waarom hy nie sy laaste dae tenminste in sy eie huis mag deurbring nie.

Die toon is nie alleen nydigheid nie, maar ook onverwerkte haat. En, sou dit gebeur dat Derby-Lewis in die tronk sterf, sal dit sekerlik ‘n groot internasionale verleentheid vir ons land wees.

Terloops, daar word gesê dat Shaik se gholfvoorgee besonder goed verbeter het na sy mediese parool.

* * *

Malema vra ‘n toordokter op watter dag sal hy doodgaan?

Toordokter: “Op ‘n Boere-vakansiedag!”

Malema: “Aauk, hoekom?”

Toordokter: “Enige dag wat jy doodgaan, sal vir die Boere ‘n vakansiedag word.”

* * *

‘n Man kry ‘n papegaai as ‘n Kersfeespresent. Dis ‘n baie slim papegaai en hy het ‘n goeie woordeskat. Die enigste probleem is dat hy geweldig baie vloek.

Sy eienaar spreek hom daaroor aan, maar dit word net erger. Uiteindelik dreig hy die papegaai: “As jy nie ophou vloek nie, sal ek jou straf.”

Die papegaai steur hom nie daaraan nie en sê nog ‘n paar lelike woorde. Waarop die man die papegaai gryp en hom in die vrieskas steek vir ‘n paar minute.

Toe hy hom uithaal is die papagaai baie bedees en beleef. “Meneer,” sê hy in ‘n sagte stem. “Ek is jammer dat ek so lelik gepraat het en ek beloof om dit nie weer te doen nie.”

En dan kyk hy na die die geplukte Kerskalkoen in die vrieskas en hy vra baie beleefd: “Meneer, met respek, mag ek vra wat hy gedoen het?”

(Dankie Mariano)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button