BlogsEditor's choiceOpinion

Struwwelpeter: praat enige taal behalwe Engels met ‘n Fransman

Onthou, die plattelandse Franse is baie na aan die aarde en hulle verstaan mekaar se behoeftes.

’n Rukkie gelede het Struwwelpeter statistiek aangehaal tot dien effek dat SAA 55000 mense in diens het.

Mnr Paul Mills van SAA het so pas laat weet dat hierdie syfer nie korrek is nie. Die werklike getal is tans ongeveer 12 000 mense.

Jammer, mnr Mills en SAA. Struwwelpeter vra verskoning vir die fout. Omdat hy nie ‘n professionele joernalis is nie, sukkel hy soms om die akkuraatheid van sy bronne te bevestig, soos nou.

Hy het wel Snopes probeer, maar hulle had niks oor “SAA staff”. Hy sal meer versigtig wees in die toekoms.

* * *

Struwwelpeter is nou redelik moeg vir Zuma en sy streke, dus gaan ons nie vandag politiek gesels nie. Hy vertel liewer ‘n storie:

Ongeveer veertig jaar gelede ( in 1975 om presies te wees) was ek vir ‘n paar maande in Frankryk om daar te help met ‘n probleem by een van ons groep se aanlegte.

Ek het by die enigste hotel in die klein, landelike dorpie St Dye-sur-Loire gebly. Daar was ‘n lekker kroegie waar mense – hoofsaaklik die plaaslike boere en plaasarbeiders – saans ‘n wyntjie of twee (of vyf!) kom drink het.

Ek en my Franse kollega het naderhand vriende gemaak met van die mense. Dis maklik om vriende met ‘n Fransman te maak – jy praat enige taal behalwe Engels en jy koop so nou en dan vir hom ‘n doppie en offer hom ‘n Gitane sigaret.

En toe vertel iemand my die storie van Alphonse. Alphonse was ‘n plaasarbeider in sy veertigs. Hy was lelik van gesig. Hy had ‘n skeeloog en dik lippe.

Maar sy groot probleem was dat hy nog nooit by ‘n vrou was nie en hy wou dringend iets daaromtrent doen.

St Dye was te klein om ‘n professionale prostituut se dienste te regverdig en Alphonse se karige inkomste het nie toegelaat dat hy een in die naaste stad besoek nie. Hy was te lelik vir die plaaslike meisies. En toe maak hy maar ‘n plan.

Nou moet ek eers verduidelik dat Franse boervrouens soggens vieruur opstaan om ‘n ordentlike ontbyt vir hulle mans te maak. Dus gaan slaap die vrouens saans vroeg.

Alphonse het hiervan geweet. Hy het so dan en wan saans by die kroeg opgedaag. Daar het hy die mense goed deurgekyk. As hy sien dat een ou lekker kuier en selfs nog wyn bestel, dan glip Alphonse weg. Na dáárdie man se huis. Huise in St Dye was nooit gesluit nie.

Dan klim hy ewe raserig, met ‘n brekende windjie of twee, die huis se trappe – asof hy die eienaar van die huis is.

By die slaapkamer aangekom ( met slapende boervrou) klim hy langs haar in, rol haar om en maak dan asof dit sy vrou was. Nadat hy sy doel bereik het, glip hy saggies weg. En dis hoe hy sy groot nood opgelos het.

Die vrouens het naderhand ondermekaar begin gesels. Hulle het begin wonder waarom hulle mans skielik so geesdrigtig in die bed was. Party het selfs gedink dis die nuwe wyn wat hulle so potent gemaak het.

In elk geval, Alphonse is een aand betrap deur ‘n vrou wat nog wakker genoeg was om te besef dis nie háár man wat nou daar vroetel nie. Maar dit was toe nie ‘n groot skandaal nie – dis was ‘n groot grap!

Almal het Alphonse se nood verstaan en hom sy stoutigheid vergewe. Mits hy nie weer probeer nie. Daar is lekker daaroor gesels en baie grappies is gemaak.

Onthou, die plattelandse Franse is baie na aan die aarde en hulle verstaan mekaar se behoeftes..

* * *

Interessantheidsonthalwe, moet ek noem dat ek later hierdie selfde storie gelees het in een van Gabriel Chevallier se Clochemerle boeke, en ook eenkeer iets soortgelyk raakgelees in een van André Brink se geskrifte.

Dus is dat waarskynlik ‘n tradisionele verhaa, en ek twyfel of dit werklik in St Dye – of elders – gebeur het. Maar dit wys iets van die Franse filosofie.

* * *

En, nou ‘n verduideliking oor die Oos-Kaap se waterprobleem: Bruce Jones stuur my ‘n interessante koerantuitknipsel:

‘n Queenstown-raadslid se antwoord nadat sy deur ‘n opposisieraadslid oor die stand van die stad se watervoorraad gevra is:

“You, the apartheid government, built the dams too big, so they take a long time to fill. You should have built them smaller, they would fill quicker, and we would have plenty of water and never run out.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button