BlogsEditor's choiceOpinion

Struwwelpeter: Jy kan nie geskiedenis uitvee of verander nie

Gaan die UK se anti-imperialiste studente ook die Rhodes-beurs gaan verban?

IN Brittanje is daar ‘n welsynsdiens wat gratis advies verskaf oor menseregte. Met ander woorde, watter regte en voorregte hulle van hulle werkgewers, of selfs die staat, kan eis.

Nou ja, daar is ‘n popgroep genaamd One Direction in die VK, en een van die sangers, ene Zayn Malik, kondig toe aan dat hy hierdie groep gaan verlaat.

Die volgende dag het die Manchester-kantoor van die welsynsadviesdiens 480 oproepe ontvang van ontstelde “fans”.

Hulle wou weet of hulle deernisverlof (compassionate leave) van hulle werkgewers mog eis om te “rou” oor die vent wat die popgroep verlaat het. Die antwoord, toevallig, was nee. Hy’s nie dood nie.

Maar dit nou daar gelaat. Wat Struwwelpeter verbaas is dat die kleinkinders van die brawe Britse soldate wat hulle tuisland in twee wêreldoorloë so goed verdedig het, nou sulke slapgat-kansvatters geword het.

Of, was dit moontlik nie net die soldate se kleinkinders nie, maar ook immigrante wat geleer het om aan die “nanny state” te soog ?

* * *

Hoor anderdag ‘n ongelukkige stukkie skinder: meeste mense lok voëls na hulle tuine met botteltjies rooi suikerwater. Suikerbekkies veral is mal daaroor. En toe lees iemand in ‘n tydskrif dat suiker ongesond is vir mense.

Sy skakel toe onmiddellik oor na kunsmatige versoeters in haar tee. En, omdat sy ‘n deeglike vrou is, vervang sy die suiker in haar voël-voerbotteltjie met dieselfde pilletjies as wat sy in haar tee gebruik.

En toe, later, vind sy ‘n hele lot dooie suikerbekkies op haar grasperk. Dit blyk toe dat hulle deur die kunsmatige versoeters vergiftig is.

* * *

Struwwelpeter dink dat die lawaai oor die Rhodes-standbeeld by die UK belaglik is. Was dit nie vir Rhodes nie, had die Ikeys nie ‘n universiteit nie. En nou is sy standbeeld met kasplanke toegemaak, omdat dit sekere swart studente so emosioneel ontstel (hulle gril) dat hulle nie kan konsentreer op hulle lesings nie. Watter bog!

Struwwelpeter het jare gelede ‘n rukkie by Ikeys gewerk en wat hóm destyds gegril het, was party van die studente se eksotiese haarkapsels.

Struwwelpeter is self nie baie lief vir Rhodes nie – dis hy wat immers die boere-oorlog veroorsaak het. En nog minder vir Rhodes se koningin Victoria. Maar hulle is deel van ons geskiedenis en hulle het ‘n groot deel van die infrastruktuur in ons land geskep. Jy kan nie geskiedenis verander of uitvee nie, maar jy kan daarop bou.

En dan wonder mens of UK se anti-imperialiste studente ook die Rhodes-beurs gaan verban? Hierdie beurs befonds 2-3 jaar studie by Oxford, met ‘n ruim stipendium van 13 650 pond per student per jaar.

John Witlock skryf:

“It is strange though that Nelson Mandela saw fit to merge the Mandela Foundation with the Rhodes Foundation to form the Mandela Rhodes Foundation in 2003, that got a whopping R142 million from the Rhodes Trust. It’s also quite ironical that the mission school Mandela attended received a grant from the Rhodes Trust, as did the University of Fort Hare where he studied.

At his treason trial Mandela was defended by a Rhodes Scholar, Bram Fischer.

“There is no doubt that these bigoted students will fight vociferously to have the Rhodes Trust removed from the Mandela Rhodes Foundation as the Mandela name cannot be tarnished by linking it to the imperialist racist, Cecil Rhodes.

“A colonial racist who has done nothing for the black people of South Africa except donate millions of Rands to worthy causes, and fund and build schools and universities that they are attending quite sanctimoniously.

“Statues and trusts can be removed, but never history. Talk about looking a gift horse in the mouth.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button