Editor's choiceLettersOpinion

Arwyp puik met bloeiende pasiënt

Hy was vir twee dae in intensief, waarna hulle hom behandel het asof hy die laaste pasiënt op aarde is

CHARLENE en HARRY skryf:

Ek wil my dank teenoor Arwyp uitspreek.

Ek tik gou hierdie epos voordat dit weer besoektyd is om 3nm.

Sondag, 7 September is my man omstreeks 8vm na Arwyp se ongevalle met pyn in sy bors. Hy is binne 10 minute deur die personeel en ‘n ongelooflike dr Hlatswayo gehelp.

Sy is die mees professionele en vriendelike dokter wat ek ooit teëgekom het. Sy het hom dadelik X-strale toe gestuur en opgetel dat hy erge bronchitis het en het hom opgeneem.

Na dit het dr Fockardt en dr Van Staden hom behandel. Weer eens eersteklas dokters wat uit hul pad gaan om pasiënte te help. Dr Van Staden het agtergekom dat dit erge sinus is wat hom die bronchitis laat opdoen het. Hy is op 9 September geopereer.

Na die operasie het iets groots fout gegaan. My man kon nie ophou bloei nie. Ons het opgetel dat dit oorerflike familiegene is. Hy het in groot skok gegaan, maar die personeel van die 12de vloer was soos engele om hom en het alles in hul mag probeer om die bloeding te stop.

Die saalbestuurder in die stadium, Ronel, het my en familie so kalm gehou en ons belowe dat alles sou regkom. Dr Van Staden was nie beskikbaar nie, maar hulle het wel die traumadokter ingeroep.

Niemand anders nie as ons einste dr Hlatswayo was weer eens aan diens. Sy het alles in haar mag probeer en hom kalm te hou en die bloeding te stop, maar teater toe was die voorland. Minute later was dr Van Staden daar, het hom teater toe gejaag en sy bloeding gestop.

Hy was vir twee dae in intensief, waarna hulle hom behandel het asof hy die laaste pasiënt op aarde is.

Aan Jenna, Vernonica en Rhyno, dankie julle. Julle is tops. Hy is na die sesde vloer geskuif. Ek het nie een oomblik getwyfel dat my man nie in goeie hande was nie.

Hoe dan anders as my seun in 2005 ‘n maand in intensief was op die ouderdom van drie jaar en hy vandag vir my kan “mamma” sê, danksy drs Solumo, Van Heerden en Cipolat. Ek weet Arwyp gee nie op nie tot op die laaste met enige pasiënt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button