
MAMMA PADVARK van Kemptonpark skryf:
Graag wil ek die drawwer oom in kennis stel dat ek ongelukkig nie ‘n taxi ry nie, maar ‘n gesinsmotor.
Ons is ‘n groot gesin en daarom pas ons nie in ‘n gewone vyf-sitplek motor nie. Dis glad nie nodig om beledigend te wees nie, maar nou ja, die ouer geslag van vandag kan mense baie gou oordeel.
Ongelukkig het die insident glad nie voor Fruit & Veg gebeur nie, maar meer voor die garage amper by die stopstraat. Ek het oom al in Quinine gesien draf.
Geïrriteerd en met geweld het oom advertensieborde van die stoptekenpale afgeruk en dit opgeskeur. Dit dan net so op ‘n hopie gepak op ander mense se sypaadjies en aangehardloop.
Ek het by myself gedink hoe kan ‘n mens so kwaad word oor ‘n advertensiebord? Maar nou ja. Rustig het ek verder aangery tot ek by die verkeerslig by Fruit & Veg kom. Omdat die verkeer baie was, het oom my verbygevat.
Voor Fruit & Veg het die verkeer twee bane gemaak, soos altyd, maar partykeer bly daar nog motors in die middel van die pad ry. Die vrou voor my het verbygegaan en oor die sypaadjie gery waar twee swartmans geloop en oom voor hulle gedraf het.
Die twee mans het wegbeweeg sodat die motor kon verbykom, maar oom het bly draf naby aan die kant, langs die teerpad, reg voor die motor, sodat die vrou nie verby kon kom nie.
Sy het later verbygegaan toe daar niemand aan haar regterkant was nie. Ek het in die teerpad gebly en gedink dat oom glad nie bedagsaam is nie en net spiteful is om so naby aan die teerpad te draf sodat geen motors verby kan kom nie.
Ek het stadig aangery om ook verby te gaan. Oom het weer nader aan die kant beweeg, weer eens om te verhoed dat ek ook nie verby kan gaan nie. Oom, besef jy nie jy stel jouself in gevaar nie?
Ek het reg langs oom gery, nog steeds met al vier my wiele op die teerpad en glad nie op die sypaadjie nie, want anders sou ek teen die stopteken vasgery het.
My spieëltjie het oom glad nie geraak nie, maar oom het met sy hand teen my passasiersdeur geslaan wat ‘n duidelike handmerk en krap agtergelaat het. Ek het aangery, want ek het niks verkeerd gedoen nie en ja, met handgebaar gewys om nie so na aan die pad te draf nie.
Ek het geweet dat as ek sou stop, dit ‘n groot argument voor my kinders sou wees. Oom het goed gedink om my agterna te sit en waar ek gestop het ‘n beledigende brief op my windskerm te sit waarin oom getuig ek oom “amper” raakgery het.
Maar nou is die storie verander en ‘n “amper raakry” word toe ‘n “raakry”. So tien uit tien vir oom, ook vir die voorbeeld wat jy sommer vir almal stel. Oom, glo my, as ek jou gestamp het met my spieëltjie, sou jy omgeval het.
Het oom al die grootte van ‘n bussie se spieëltjie gesien? In die toekoms besef ook net een ding, bedagsaamheid kos niks nie, of kan oom se spiteful-mentaliteit dit nie verwerk nie?
