School sportSport

Skoolhoof direkteur van reeks

ROELF Burger, skoolhoof van Hoërskool Kemptonpark, is die nuwe direkteur van die Tuks Skole-reeks. Hy is reeds in Junie verkies nadat Koos du Toit van Monument afgetree het. Burger sal dié voorseisoenreeks dryf, wat voorheen bekend was as die Michellin-reeks en meer onlangs as die NuPower Tuks-reeks. Die Tuks Skole-reeks is vir rugby, netbal, hokkie, …

ROELF Burger, skoolhoof van Hoërskool Kemptonpark, is die nuwe direkteur van die Tuks Skole-reeks.

Hy is reeds in Junie verkies nadat Koos du Toit van Monument afgetree het.

Burger sal dié voorseisoenreeks dryf, wat voorheen bekend was as die Michellin-reeks en meer onlangs as die NuPower Tuks-reeks.

Die Tuks Skole-reeks is vir rugby, netbal, hokkie, muurbal, skaak, landloop, gholf, muurbal en tennis van 0/14 tot 0/18. Sestien skole van die vier noordelike provinsies, opgedeel in vier poele, ding mee.

Die wenskool van die reeks word bepaal deur punte vir die verskeie sportsoorte.

Uitspele vir die spanne van die reeks begin reeds in Maart en die wedstryde word in die tweede kwartaal by verskeie skole gespeel.

Wat die reeks spesiaal vir die spelers maak, is die halfeindrondte en die eindstryd wat op die LC de Villiers-stadion van Tuks plaasvind.

Behalwe vir Hoërskool Kemptonpark, neem slegs Dr EG Jansen en Vereeniging Gimnasium van hierdie streek deel.

Burger sê Kemptonpark sal skolesport van hoë gehalte in April volgende jaar sien wanneer agt skole op een dag in rugby, netbal en hokkie by Kempies meeding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button