Luggeweer kampioene
Hulle het meegeding by die Safari and Outdoor Kampioen van Kampioene kompetisie
DIE top plekke in die onlangse Safari and Outdoor “Kampioen van Kampioene” luggeweer kompetisie is deur Kempton Parkers geneem.
By die kompetisie in Pretoria het Jacques Fouche eerste in die juniorklas gekom en het in die algehele klas vyfde plek behaal, terwyl Hennie Breytenbach eersteplek in die seniorklas behaal het.
Natali Terablance was tweede in die seniorklas, George Holloway negende in die seniorklas, en Johan Cameron was 33ste in die seniorklas.
Ses-en-vyftig skuts van Gauteng het aan die kompetisie, wat deur Inyati Luggeweer Klub aangebied was, het deelgeneem. Dit bestaan uit vier skiet dissiplines namelik, 50m Groepering, 50m Benchrest, 20 Silohette en 20 Veld Teikens.
Dit word alles geskiet met dieselfde luggeweer en die beperking op die geweer is 12 ft lb (16 Joules).
