School sportSport

Blouspan wen Kempie-interhuis

Atlete wys hul staal vroeg in die seisoen

DIE atlete van Hoërskool Kemptonspark het die jaar afgeskop met die interhuis-atletiekbyeenkoms die naweek.

Die blouspan, wat die seun- en meisie-afdelings gewen het, was algehele wenners. Hulle het ook die geesbeker gewen.

Die vier veelsydigste atlete was Cindy von Ahlefeldt (veelsydigste senior meisie), Clarise de Klerk (veelsydigste junior meisie), Echkardt Rossouw (veelsydigste senior seun) en Jeandre Breytenbach (veelsydigste junior seun).

Joubert du Plooy was die beste algehele seunatleet en Monique Wagener die beste algehele meisie-atleet.

Trofeë vir die beste prestasies volgens ABSA-punt per item het gegaan aan:

Verspring: Cindy van Ahlenfeldt (822) en James Potgieter (909).

Driesprong: Clarise de Klerk (652) en Louw Pretorius (697).

Hoogspring: Amanda Griessel (853) en Juandre Breytenbach (907).

Spiesgooi: Talja Venter (636) en Martin Louw (812).

Skyfwerp: Elzaan van Tonder (834) en Ryno Blom (839),.

Gewigstoot: Monique Wagner (1 051) en Ryno Blom (852).

100m: Tionette Murray (811) en Adriaan Gravett (794).

200m: Tionette Murray (879) en Joubert du Plooy (928).

400m: Cindy von Ahlenfeldt (714) en Eckhardt Rossouw (759).

800m: Zanie Labuscagne (755) en Yster Louw (857).

1500m: Natasha Steinberg (748) en SJ Steinberg (683).

3000m: Michaella Tyrell (663) en Warno Potgieter (632).

Korthekkies: Kaylin Steyn (504) en Adriaan Gravett (782).

Langhekkies: Carla Loots (713) en Heinrich Eybers (531)

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button