School sportSport

Marnel wen groot toernooi

Kempies presteer in atletiek, krieket, muurbal

TWEE muurbalspelers van Hoërskool Kemptonpark het die naweek teen spelers van regoor die land aan die Wilson Ope Muurbaltoernooi deelgeneem.

Marnel Redelinghuys was die wenner M0/19 en Marno Lindeque was tweede in die S0/16.

Atletiek: Kempies het die massabyeenkoms Vrydag op sy tuisveld gewen. Kempies het 729 punte gehad, Monnas was tweede met 525 en Eldoraigne derde met 492.

Kempie-atlete wat meer as 900 Absa-punte behaal het: Jeandre Breytenbach (S0/14 hoogspring), James Pieterson (S0/14 verspring), Joubert du Plooy (S0/16 200m), Yster Louw (S0/17 800m), Marizaan McCabe (M0/14 hoogspring), Amanda Griessel (M0/14 hoogspring).

Meer as 1000 Absa-punte: Monique Wagner (M0/17 gewigstoot).

Krieket: die 0/15A-span het Hoërskool Merensky met agt paaltjies gewen.

Kempies het eerste geboul. Merensky 137/6 behaal. Kempies antwoord met 139/2.

Kempies-uitblinkers was Coenie van Deventer (62*), Kyle Schmidt (36 en 2/15) en Schalk Kleynhans (2/27). Kyle was ook die speler van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button