Local sportSport

Aldridge slaan 115 in Avion-sege

Die ou manne van Avion het ook hulle gaste stert tussen die bene huis toe gestuur .

DIE presidentspan van Avion Krieketklub het Vosloorus die naweek met 166 lopies geklop.

Avion het ‘n allemintige 300/5 in 40 beurte geslaan met Sean Aldridge (115) en Brandon Harwood (88) wat die meeste lopies gemaak het.

Vosloorus is vir 134 uitgeboul met Ayanda Thumbane (4/7) en Harwood (2/24) wat die meeste skade aangerig het.

Die voorsitterspan het Benoni Northerns met vier paaltjies geklop. Benoni is vir net 107 in die 33 ste beurt uitgehaal, waarna Avion die wenlopies in die 25ste beurt met ses paaltjies plat, geslaan het.

Die beste kolwer en bouler was kaptein Anthony Harper met 26* en 3/22.

Die ou manne van Avion, die Legends, het hul besoekers Sondag by Rhodesfield THS stert tussen die bene huis toe gestuur.

Duduza was almal uit vir 104 in die 16de boulbeurt. Avion het 105/6 in 16 beurte geslaan.

Die beste boulers was Curly Ambrose (3/18) en Gerhard Prinsloo (2/10). Die voorste kolwers was Jurian Pienaar 39 (29 balle) en Ian Harwood 31 (16 balle).

Juniors

0/8A verloor teen Kempton met een lopie in die 23ste boulbeurt. Kempton 87/6. Beste boulers Shaun Nash (2/0) en Werner Joubert (2/6).

Avion 86/10. Handre van Eck (24) en Joubert (17) het die grootste bydraes gemaak.

0/8B het met drie paaltjies teen Tembisa gewen.

0/10 superliga het met vyf paaltjies teen Boksburg.

0/10A het met 12 lopies teen Springs Old Boys gewen. Die beste kolwers was Joshua Gladwin (34) en Ruan van Heerden (8). Die beste boulers was EW van der Merwe (3/17) en Ruan (2/15).

O/12 superliga het teen Springs Old Boys verloor.

0/12A sSe wedstryd is afgestel weens ‘n nat veld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button