School sportSport

Kempies wen prestige byeenkoms

Verskeie atlete het toekennings as die beste presteerders ontvang

KEMPIES het die afgelope week aan twee groot atletiekbyeenkomste deelgeneem.

Kempies het met 10 veldatlete aan die top 10-byeenkoms deelgeneem en was tweede. Saterdag by die Affie-prestige byeenkoms was hulle eerste.

Die punte was Kempton 571, Garsfontein 414, Nelspruit 399 en Eldoraigne 376.

Atlete wat toekennings ontvang het, is Monique Wagner (beste worpe meisies), Eckhardt Rossouw (Victor Ludorum), Zene Labuschagne (beste middelafstande meisies) en Yster Louw (beste middelafstande seuns).

Die volgende atlete het meer as 900 ABSA-punte verwerf:

Seuns: Yster Louw (0/17 800m, 1 057), Eckhardt Rossouw (0/19 200m, 1 010, 100m, 953), Johan Kruger (0/17 200m, 917), Joubert du Plooy (0/16 200m, 905).

Meisies: Monique Wagner (0/17 gewigstoot, 1 189), Zanie Labuschagne (0/14 800m, 942), Marizaan McCabe (0/14 800m 923), Tionette Murray (0/14 200m, 916), Elzaan van Tonder (0/16 gewigstoot, 901).

Krieket: Eerste span vs Benoni High in die T20-reeks. Benoni 455/10 aan. Kempies 446/5 en wen met 5 paaltjies.

Uitblinkers was Divan de Beer (19), David Mostert (11), Jimmy Mpailne (5/ 4) en Anre Craven (2/ 6). Speler van die wedstryd was Jimmy Mpailne.

Muurbal: Oos-Gauteng Muurbaltoernooi: Mano Lindeque (S0/16 eerste) en Marnel Redelinghuys (M0/19 eerste).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button