School sportSport

Rossouw skitter by byeenkoms

Meisiespan loop weg as die wenners

ECHARDT Rossouw van Hoërskool Kemptonpark is aangewys as die Victor Ludorum en beste baanatleet tydens die Florida Prestige-byeenkoms Vrydag.

Hy het sy 100m in 10,44s afgelê. Die meisiespan het ook die byeenkoms gewen.

Die uitslae was:

Seuns: Affies 437, Menlopark 419, Kempton 362, Waterkloof 335, Dr EG Jansen 273.

Meisies: Kempton 422, Waterkloof 390, Menlopark 389, Affies 385, Noordheuwel 336.

Die volgende atlete het meer as 900 ABSA-punte verwerf: Monique Wagner (1 113), Marizaan MacCabe (995), Yster Louw (1 031) en Patric Duvenage (973).

Krieket: eerste span klop Pietersburg met vier paaltjies. Pietersburg 216/10. Kempies 217/6.

Die uitblinkers was Louis Geldenhuys (74, speller van die wedstryd), Anré Craven (30), Wilbert van Dyk (3/43) en Ruan Janse van Rensburg (3/49).

0/15A verloor met 39 lopies teen Pietersburg. Pietersburg 219/10. Kempies 180/10.

Die uitblinkers was Ewardt (42), Brendon (29 en 2/34), Schalk (29), Ruan (3/29).

Die eerste span het Dr EG Jansen se tweedes met sewe paaltjies geklop. EG Jansen 111 /10 en Kempies 112/3.

Die uitblinkers was Louis Geldenhuys (48), Divan de Beer (20), Wilber van Dyk (4/9) en Walter Behr (3/21).

Die spelers van die wedstryd was Wilber van Dyk en Louis Geldenhuys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button