Local sportSport

Hardloop vir Bybels

Die Bybelgenootskap voorsien reeds vir 194 jaar in die Bybelbehoeftes van Suid-Afrikaners

OM 5.30vm op 1 Junie sal duisende atlete voor die stadsaal in Pietermaritzburg wegspring vir die jaarlikse Comrades Marathon na Durban.

Baie van hierdie atlete is ook deel van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Hardloop vir Bybels-projek.

Aangesien Comrades-atlete en hul ondersteuners die projek jaar na jaar so geesdriftig ondersteun het, is daar besluit om dit uit te brei.

Voortaan sal dit weer ‘n heeljaar-projek wees. Atlete en hul ondersteuners kan self besluit watter wedloop of pretloop hulle wil gebruik as deel van die Bybelgenootskap se Hardloop vir Bybels-projek vir 2014.

Comrades-atlete hardloop vanjaar vir die 24ste agtereenvolgende keer vir Bybels.

Die atlete word per kilometer geborg en elke R40 wat ‘n atleet insamel, help die Bybelgenootskap om ‘n bekostigbare Bybel beskikbaar te stel.

Die Bybelgenootskap wend die fondse wat deur die Hardloop vir Bybels-projek geïn word, aan om in spesifieke Bybelbehoeftes te voorsien en om dit vir duisende mense moontlik te maak om ‘n Bybel te bekom.

Die Bybelgenootskap voorsien reeds vir 194 jaar in die Bybelbehoeftes van Suid-Afrikaners.

Hul taak sluit in die vertaling en produksie van die Bybel, asook die verspreiding daarvan onder alle Suid-Afrikaners.

Vanjaar beywer hulle hulself in besonder vir die volgende: om gratis Bybels ten bedrae van R800 000 vir gevangenes te bewillig; om Bybels gratis op ‘n verantwoordelike manier beskikbaar te stel aan die armstes van armes ten bedrae van R700 000; om deur middel van Bybelgebaseerde geletterdheidsmateriaal basiese geletterdheid, asook Bybelgeletterdheid, onder alle ouderdomsgroepe te bevorder; om gratis Bybels ter waarde van R1 000 000 beskikbaar te stel aan graad 7-leerders in skole in die armste dele van ons land; om ‘n Bybelvertaling in hedendaagse isiZulu beskikbaar te stel en om ‘n Bybel in doofgerigte Engels in Suid-Afrika en in Afrika vir dowes wat die Bybel in Engels gebruik, beskikbaar te stel.

Hulle beoog om verder ‘n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, Bybelstudie, en persoonlike gebruik, beskikbaar te stel en om Bybelvertalings van hoë gehalte in Suider-Afrika te verseker en om die Bybelgenootskappe in Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland te help met hulle taak om Bybels te voorsien.

Laastens wil hulle miljoene Christene in China, veral diegene op die platteland, help om ‘n bekostigbare Bybel te kan koop en ook om gratis Bybels te verskaf aan diegene wat dit glad nie kan beskostig nie. R380 000 is vir die projek bewillig.

Atlete wat aan die Hardloop vir Bybels-projek wil deelneem, ongeag die wedloop, word versoek om die Bybelgenootskap se webwerf te besoek by www.bybelgenootskap.co.za of die Bybelgenootskap telefonies te kontak: past George Thompson of Marina Stebbing by 011-970-4010011-970-4010).

As u nie wil hardloop nie, maar ‘n donasie wil maak, gebruik die volgende bankbesonderhede: ABSA Kemptonpark. Rek no 260 220 748. Takkode 632005.

Direkte inbetaling – faks die inbetalingstrokie na 011-970-2506011-970-2506 vir aandag Marina Stebbing.

Call
Send SMS
Add to Skype
You’ll need Skype CreditFree via Skype
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button