School sportSport
Rekords spat voor hekkie-atleet
Hy het gekwalifiseer om aan die Noord-Gautengbyeenkoms deel te neem
‘n VOORMALIGE atleet van Laerskool Van Riebeeckpark is besig om Pretoria aan die brand te hardloop.
Julian Bogner, ‘n gr 8-leerling van Hoërskool Waterkloof en inwoner van Kemptonpark, het die atletiekseisoen met veel ywer aangepak.
By Hoërskool Waterkloof se interhuis het hy die 100m hekkies-rekord van 16.50 na 15.60 verbeter en die 300m hekkies-rekord van 45.80 na 44.80.
By Potch se prestige-byeenkoms het weer albei rekords in hierdie items verbeter.
By die UJ prestige-byeenkoms was sy 100m hekkies-rekord 14.18.
Hy het gekwalifiseer om aan die Noord-Gautengbyeenkoms deel te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
