Local sportSport

Hengelaar trek drie pryse in

Jacobs het in totaal 298 visse gevang

FRANCOIS Jacobs van Edleen het Gauteng by die onlangse Suid-Afrikaanse ligtegerei-boothengelkompetisie by Bloemhofdam verteenwoordig.

Jacobs het oor die vyf dae se hengel drie pryse gewen.

Dié soort hengel vereis dat hengelaars met ‘n maksimum lynsterkte van 4kg of minder moet vang.

Jacobs, wat al sy hele lewe lank hengel, het gesê dat slegs die top vier hengelaars van elke provisie by die nasionale kampioenskappe kan hengel en dat die top vier uitgewerk word deur ‘n ranglys wat oor drie jaar strek.

Die Gauteng provinsiale toernooi vind elke jaar in varswater plaas en die nasionale toernooi een jaar by die see en die volgende jaar in varswater.

Provinsies met ‘n kuslyn hou hul jaarlikse toernooi elke jaar in die see.

Jacobs het by die senior SALTBAA (South African Light Tackle Boat Angling Assosiation) toernooi drie pryse ingetrek.

By hierdie kompetisie moet mens soveel vis as moontlik vang en die totale gewig word elke dag en aan die einde van die toernooi bepaal.

Jacobs het die prys ontvang vir die swaarste gewig op een dag (278kg), swaarste gewig oor die vyf dae (1034kg) en was ook die algehele wenner in die 2014 senior individuele afdeling.

Jacobs het in totaal 298 visse gevang, 288 karp en 10 babers.

Jacobs se seun Ruan (15) gaan die maand aan die junior SALTBAA-toernooi deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button