School sportSport

Goeie wen vir Kempie-eerstes in Tuks-reeks

Kempton skop reeks af teen Rustenburg

DIE eerste rugbyspan van Kempies het gewys dat vanjaar se span een gaan wees om mee rekening te hou toe hulle Rustenburg Saterdag oortuigend met 27-0 in die eerste wedstryde van die Tuks-skolereeks geklop het.

Van die begin af was dit duidelik dat Kempies met hul vinnige tempo en goedgevestigde strukture net te veel vir die Rusties gaan wees. Reeds in die tweede minuut het linkervleuel Marnus Gruber oorgeduik vir die eerste drie.

Tien minute later was dit flank en kaptein Juanré van der Walt se beurt. Net voor halftyd het hy sy tweede drie vanaf ‘n dryfbeweging gedruk.

Rustenburg het in die tweede helfte met ‘n verwoede aanslag begin, maar rotsvaste verdediging deur die Kempies het verhinder dat hul doellyn oorgesteek word.

Ander Kempie-drieë is gedruk deur Johan Meyer en Christopher Schimper.

Die telling kon baie groter gewees het indien Kempies se eerste keuse skopper, Marnus Gruber, nie vroeg die veld met ‘n besering verlaat het nie.

Die ander uitslae was: O/14B wen 40-0, O/14A wen 24-0, O/14C wen 15-12, O/15B wen 31-7, O/15A wen 22-15, O/16B verloor 8-22, /16A verloor 14-21, vierdes wen 18-7, derdes wen 28-3, tweedes wen 52-15.

Netbal vs Rustenburg: O/14A wen 18-11, O/14B verloor 5-19, O/15A wen 21-15, O/15B verloor 12-31, O/16A wen 23-14, O/16B verloor 25-30, O/17A verloor 13-15, O/17B verloor 9-20, tweedes verloor 17-18, eerstes verloor 29-36.

Tennis: groepwedstryd 1 vs Dr EG Jansen: bo 15 verloor 62-118, onder 15 wen 101-79.

Engelse debat: die junior span het aan die eerste rondte van die SACEE-liga (Engelse skole debatkompetisie) deelgeneem. Hulle het een debat gewen en een met ’n halwe punte verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button