Atletiekbloed loop sterk deur hul are
Terwyl sy suster vir die Jeug Olimpiese Spele gekies is, ryg hy een na die ander hekkiesrekord in
‘n VOORMALIGE atleet van Laerskool Van Riebeeckpark is besig om Pretoria aan die brand te hardloop terwyl sy suster op pad is na die Nanjing Jeug Olimpiese Spele 2014.
Megan Bogner (0/16) van Kemptonpark en leerling van Hoërskool Waterkloof, is vir die spele gekies op grond van haar verspringprestasies.
Die spele vind in Augustus plaas en donasies en borgskappe is welkom.
Haar broer Bogner, ‘n gr 8-leerling van Hoërskool Waterkloof, het die atletiekseisoen met veel ywer aangepak.
By Hoërskool Waterkloof se interhuis het hy die 100m hekkies-rekord van 16.50 na 15.60 verbeter en die 300m hekkies-rekord van 45.80 na 44.80.
By Potch se prestige-byeenkoms het hy weer albei rekords in hierdie items verbeter.
By die UJ prestige-byeenkoms was sy 100m hekkies-rekord 14.18.
Hy het gekwalifiseer om aan die Noord-Gautengbyeenkoms deel te neem.
